Huisgenoot

MY ‘VLERKIE’ NIE GEKNAK

Christoff Becker is ’n romantiese kêrel en ná sy tyd in die tronk is sy groot begeerte om voluit te leef, sê sy meisie

- Deur JANA VAN DER MERWE

DIE modelmooi vrou kan nie uitgepraat raak oor haar avontuurlu­stige en oefenmal kêrel se mooi glimlag en omgeegeaar­dheid nie. Boonop is hy iemand wat “graag die klein dingetjies in die lewe waardeer”.

Sy aanvaar die aantreklik­e, gespierde man wat graag saam met haar in die sosiale media verskyn, as die mens wat hy vandag is, nie as “dié Christoff Becker” nie, sê Veronika Geyer, ’n 20-jarige student van Kempton Park.

Toe sy hom die eerste keer ontmoet, het sy nog nooit die naam of van die Waterkloof-vier gehoor nie – vier skoolseuns, onder wie Christoff, wat in Desember 2001 ’n hawelose man in ’n park in Pretoria doodgeslaa­n en -skop het.

Christoff is in Desember 2014 uit die gevangenis vrygelaat en luidens sy parool voorwaarde smag hy nie met die media praat nie. Maar in haar eerste media-onderhoud vertel Veronika van hul romanse en hoe dit met hom gaan.

Omdat sy 11 jaar jonger as Christoff is, was sy nog te jonk om die tyd te onthou toe die vier se verhoor voorbladnu­us was. Die aand toe sy hom ontmoet, het sy dus nie geweet wie hy is nie.

Hulle het ses maande ná sy vrylating deur gemeenskap­like vriende ontmoet. Eers later daardie aand sou sy uitvind dié meelewende en positiewe man het tronkstraf vir moord uitgedien. “Ek sou hom en dié daad nooit bymekaarge­sit het nie,” sê sy ernstig met haar lang naels wat saampraat.

Sy het dieselfde aand nog gaan nalees oor die nag toe Christoff en sy vriende Frikkie du Preez, Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk as tieners ’n hawelose man in Pretoria se lewe geneem, en daarmee hul eie jong lewe onherroepl­ik verander het.

Drie van hulle was leerders aan die Hoërskool Waterkloof, die spogskool in die gegoede buurt in Pretoria waar Christoff se pa, dr. Christo Becker (nou 59), toe hoof was. Net Christoff was aan die nabygeleë Hoërskool Garsfontei­n op skool. Al vier was in gr. 10 tydens die voorval.

In Mei 2008 is hulle tot 12 jaar gevangenis­straf gevonnis. Christoff is ná vyf en ’n half jaar in Februarie 2014 op parool vrygelaat, maar dit is gou daarna herroep toe ’n selfoonvid­eo uitlek van hom en sy selmaats wat voor sy vrylating in die sel partytjie hou. Hy was daarna nog 10 maande agter tralies voor hy daardie Desember ná ’n hofgeding met die departemen­t van korrektiew­e dienste (DKD) weer vrygelaat is.

Sowat ’n maand ná sy en Veronika se ontmoeting het Huisgenoot vertel hoe

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Veronika Geyer, Christoff Becker se meisie. BO: Christoff (naaslinks) is in 2008 saam met Gert van Schalkwyk (links), Reinach Tiedt en Frikkie du Preez tot 12 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op ’n hawelose man.
HOOFFOTO: Veronika Geyer, Christoff Becker se meisie. BO: Christoff (naaslinks) is in 2008 saam met Gert van Schalkwyk (links), Reinach Tiedt en Frikkie du Preez tot 12 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op ’n hawelose man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa