Huisgenoot

WAT BETEKEN DIT VIR SUID-AFRIKA?

-

Stephanie maan dit sal lank neem om Zimbabwe se ekonomie te herbou en daar sal geen massa-uittog van miljoene Zimbabwiër­s uit Suid-Afrika wees nie.

Namibië, China en Singapoer – waar Mugabe dikwels mediese behandelin­g kry – is plekke waar die Mugabes moontlik asiel kan kry. Maar dis SuidAfrika wat die meeste genoem word.

Grace is in Benoni gebore, en die egpaar besit eiendom daar. Danksy Mugabe se struggle-agtergrond en steun vir die ANC tydens apartheid het ons regering hom tot nou lojaal bygestaan. Net maande gelede is diplomatie­ke immuniteit aan Grace toegestaan en is sy toegelaat om die land te verlaat om strafregte­like klagte vry te spring – dit nadat sy na bewering die model Gabriella Engels met ’n elektriese koord geslaan het in haar seuns se Johannesbu­rgse hotelkamer.

Maar Derek glo Suid-Afrika sal dalk nie verplig wees om die despoot en sy familie te huisves nie. Hy meen Zimbabwe se nuwe leiers wil Mugabe dalk by die huis hou sodat hulle hom as “’n bevrydings­ikoon” kan voorhou. BRONNE: NEWS24.CO.ZA. FINANCIALG­AZETTE.CO.ZW, DAILYMAIL.CO.UK, FIN24.CO.ZA, NYTIMES.COM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa