Huisgenoot

Dimpho More (23)

- Ikaans e eer rjaardag oering e,

Dimpho is al twee maande deel van die 7de Laan-familie as Nozi, ’n kelnerin by Oppiekoffi­e. “Ek was opgewonde daaroor om my TV-debuut in ’n nasionale sepie te maak,” sê Dimpho. Sy was oorstelp toe sy en Mimi Mahlasela (Aggie) mekaar op die stel ontmoet. “Ons het sedertdien goeie vriende geword,” sê die Nelspruite­r wat deesdae in Johannesbu­rg woon. “My karakter, Nozi, word nie maklik geïntimide­er nie en sy hou van skinder,” sê Dimpho, wat al voor skool in ’n skoolprodu­ksie van Sarafina die kollig gesteel het. Haar moedertaal is Swazi, en die Afrikaans lol soms, sê sy. “Afrikaans is nie my eerste taal nie. Soms sê ek dinge op die stel wat nie eens sin maak nie. ’n Paar keer het ek snaakse dinge kwytgeraak, en dan lag ons almal daaroor.”

KITSFEIT

Op haar sesde verjaardag het sy haar gesin vermaak met ’n uitvoering van haar destydse heldin, Brenda Fassie, se liedjies. “Dit was dalk een van die beste dae van my lewe.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa