Huisgenoot

DVD

-

FREE FIRE Aksiekomed­ie.

In die 1970’s ontmoet ’n klomp rampokkers ’n groep internasio­nale bendelede in ’n verlate pakhuis in Boston, Amerika, om vuurwapens te koop, maar die transaksie loop lelik skeef.

Die fliek is een lang, soms gewelddadi­ge, soms snaakse skietgeveg. Dit klink dalk afgesaag, maar die interessan­te karakters, hul onderlinge wrokke en slim regie deur Ben Wheatley hou jou vasgenael.

Die hoogtepunt is ongetwyfel­d ons eie Sharlto Copley (foto) wat weer verspot is, dié keer as ’n wapenhande­laar met ’n Suid-Afrikaanse aksent. Hy het onlangs op die Kaapstadse Rolprentfe­es vertel die regisseur het hom spesifiek hiervoor genader, want dié wou hê sy aksent moet uitstaan tussen al die Ierse en Amerikaans­e aksente.

Kyk dit as jy lief is vir aksie en komedie, maar lus is vir iets anders. Ook met Brie Larson (foto).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa