Huisgenoot

REGTE NAAM

-

Koos neul al hoe lank by sy vrou oor ’n boot wat hy wil koop, maar sy bly vasskop. Een oggend kom sy van die haarkapper, en sowaar: Daar staan ’n boot voor die huis.

“Liefie, ek het gedink omdat ek dit nou klaar gekoop het, kan jy maar die ou bootjie ’n naam gee,” probeer Koos haar paai.

Toe hy daardie middag die boot wil aanhaak en dam toe sleep, sien hy sy vrou het klaar die naam groot op die kant geverf: “Te koop.” F.H. HORNE, HARTENBOS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa