Huisgenoot

’n Groot familie en liefde is die rykdom wat geld nie kan koop nie

-

DIS

amper Kersfees, maar vanjaar het ons as gesin nie geld om vir mekaar of ander geliefdes geskenke te koop nie.

Ek kyk nog met verlange na die speelgoed in die winkel toe die vrou ingestap kom. Sy is pragtig geklee, haar hare is goed versorg en sy lyk welaf. Sy koop ’n paar items, en toe sy loop, wens sy die winkelpers­oneel en hul familie ’n geseënde feestyd toe.

Maar toe hulle dieselfde doen, antwoord sy sy is alleen. Haar enigste familie is haar twee katte, vertel sy.

Ek was so geskok om dit te hoor. Dit is ware armoede. Ek het ’n groot familie en baie liefde. Geld het ek nie, maar ek is ryk.

Ek sou nie my rykdom vir hare verruil nie, maar sou graag myne met haar wou deel.

My minderwaar­digheidsge­voel het my gekeer om jou op die plek te nooi om Kersfees saam met my en my gesin deur te bring, maar weet ek sal aan jou dink.

Ek wens jou veral iemand toe om die leemte te vul. RYK AAN LIEFDE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa