Huisgenoot

PASSASIERS­HOMMELTUIE

-

Hommeltuie is vandag nie meer ’n nuutjie nie – jy het waarskynli­k al gesien hoe een van dié klein vliegtuigi­es werk, of jy het dalk al self een gebruik. Maar wat van hommeltuie wat mense kan vervoer?

Passasiers­hommeltuie, nes bestuur derlose motors, het nie ’n

stuurwiel of stuurpanee­l nie. Die hommeltuig se rekenaarbr­ein sal alles beheer terwyl jy as die passasier net agteroor kan sit en ontspan tot jy jou bestemming bereik.

Dié hommeltuie kan passasiers van tot 100 kg 30 minute lank vervoer. Die stad Doebai het onlangs getoets of dié vervoermet­ode daar kan werk, en hommeltuie wat mense vervoer, het snelhede van 100 km/h bereik. Die vlugte word vanuit ’ n sentrale

beheerkame­r beheer om te verseker ongelukke gebeur nie. Maar voor dié voertuie in die praktyk gebruik kan word, sal ingenieurs die veiligheid­s

maatreëls daarvan deeglik moet kan waarborg.

 ??  ?? Die lug kan binnekort zoem met die geluid van passasierd­raende hommeltuie soos dié een. As alles goed verloop, sal jy oor vyf jaar ’n “Volocopter­copter”-rit in Doebai kan ervaar.
Die lug kan binnekort zoem met die geluid van passasierd­raende hommeltuie soos dié een. As alles goed verloop, sal jy oor vyf jaar ’n “Volocopter­copter”-rit in Doebai kan ervaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa