Huisgenoot

BENODIGDHE­DE

Houtvulsto­f Skuurpapie­r 5 L swart verf Maatband 1 vel selfklewen­de plakpapier Liniaal Potlood Squeegee (rubberlem) Nutsmes of skêr

-

Vul eers enige gate in die tafel met houtvuller en skuur dit met skuurpapie­r glad voor jy daaraan werk.

Verf die tafel en laat dit droog word voor jy dit met die papier oortrek.

STAP 1

Meet die tafelblad om vas te stel hoeveel papier nodig is.

STAP 2

Meet hoeveel oorhang jy gaan nodig hê. (Ons het ’n oorhang van 6 cm gelos.) Los eerder te veel as te min, want jy kan altyd die ekstra bietjie afsny.

STAP 3

Noudat jy die afmetings het, gebruik die ruitlyne op die plakpapier as ’n gids om dit te sny.

Merk ook op die ruitlyne waar die oorhang begin sodat jy weet waar om die papier te plaas wanneer jy dit begin aftrek en plak.

STAP 4

Begin die agterkant van die papier verwyder van een hoek en trek die oorhangsek­sie terug. Moenie al die rugkantpap­ier gelyk aftrek nie. Jy moet die plakpapier bietjies-bietjies aftrek en plak om te voorkom dat borrels vorm.

Begin die plakpapier van die breedte van die tafel af plak. Sorg dat daar genoeg oorhang is.

STAP 5

Gebruik die rubberlem om van lugborrels ontslae te raak terwyl jy die plakpapier van die een kant na die ander aanwend en die tafelblad heeltemal bedek.

STAP 6

Sny ’n spleet in die hoeke van die oorhange. Gebruik weer die rubberlem om die papier by die kante en onder die tafel se rand glad te maak. Doen dit met al vier hoeke.

 ??  ?? STAP 5
STAP 5
 ??  ?? STAP 1
STAP 1
 ??  ?? STAP 2
STAP 2
 ?? STAP 3 ??
STAP 3
 ??  ?? STAP 6
STAP 6
 ??  ?? STAP 4
STAP 4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa