Huisgenoot

MYLPALE

-

1. SEPTEMBER 1998: Larry Page en Sergey Brin stig Google Inc.

2. AUGUSTUS 2001: Eric Schmidt word uitvoerend­e hoof van Google. Benewens Larry en Sergey is hy ’n sleutelfig­uur in die maatskappy se sukses. Die drie het later ooreengeko­m om minstens 20 jaar lank, tot 2024, saam te werk. Volgens Eric was dit sy taak om “die chaos te bestuur, nie om daarvan ontslae te raak nie”.

3. AUGUSTUS 2004: Google word op die aandelebeu­rs gelys teen $85 (R548,25) per aandeel. Alphabet se aandeelpry­s het onlangs by $1 250 (R19 375) gedraai.

4. JUNIE 2006: ”Google” word as ’n werkwoord in die Oxford English Dictionary opgeneem. 5. OKTOBER 2006: Google koop YouTube vir $1,6 miljard (R10,8 miljard). 6. AUGUSTUS 2011: Google koop Motorola vir $12,5 miljard (R90,75 miljard) kontant. So het hulle honderde selfoonpat­ente verkry en hul posisie as eienaar van die Android-bedryfstel­sels in die mobieletoe­stelmark verstewig. 7. OKTOBER 2015: Larry Page kondig die skepping aan van ’n nuwe beherende maatskappy, Alphabet, wat Google en al sy verwante sake-entiteite insluit. 8. FEBRUARIE 2016: Alphabet steek Apple as die wêreld se waardevols­te maatskappy verby, en weer in 2017. 9. MEI 2018: Volgens BrandZ troef Google vir Apple as die waardevols­te handelsnaa­m wêreldwyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa