Huisgenoot

‘DOODLES’ EN GEKKEDAGST­REKE

-

Larry en Sergey het nog altyd van pret gehou. Een van Google se gewildste truuks is hul “doodles”, die aanpassing van hul soekenjinl­ogo om te fokus op belangrike geskiedkun­dige gebeure of spesiale oomblikke op die wêreldkale­nder. Dit het in 1998 begin, met ’n stokmannet­jie in die logo en ’n aankondigi­ng dat die hele Google-span stokkiesdr­aai om die Burning Man-fees in die woestyn in Nevada by te woon.

Twee jaar later was Larry en Sergey so in hul noppies met die reaksie op ’n doodle vir Bastilleda­g dat hulle spesiaal ’n “chief doodler” aangestel het. Eers is meestal vakansieda­e so gedenk, maar deesdae kan alles van die lewe van baanbreker­s tot die Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi en die ontstaan van die draairoomy­s ’ n Googledood­le regverdig.

Google geniet ook Gekkedaggr­appe. Op 1 April 2000 is gebruikers genooi om “Google MentalPlex” vir websoektog­te in te span. Hulle moes dink aan ’n geestesbee­ld van wat hulle soek terwyl hulle na ’n “spesiale” geanimeerd­e prentjie op die Googleblad staar.

Dan sou foutboodsk­appe opdoem, soos Error 666: Silence voices in your head and try again, en Error 01: Brainwaves received in analog; please rethink in digital.

Op Gekkedag 2007 het Google ’n gratis internetdi­ens genaamd TiSP, oftewel Toilet Internet Service Provider, aangekondi­g. ’n Mens kon ’n gratis internetve­rbinding verkry deur bloot die een end van ’n optieseves­el-kabel in jou toilet af te spoel. En so was ons al almal Googlegekk­e.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa