Huisgenoot

Wenresep: Hoenderbur­ger kraai koning

-

LEWER 4 BURGERS BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 30 MIN. HOENDER 4 hoenderbor­sfilette 250 ml (1 k) karringmel­k 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 15 ml (1 e) gerookte paprika 1 suurlemoen se sap en gerasperde skil sout en peper na smaak 500 ml (2 k) broodkrumm­els olie vir vlakbraai KOOLSLAAI 125 ml (½ k) elk rooi en groen kopkool, fyngesny 1 wortel, gerasper 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 3 ml (ruim ½ t) fyngeraspe­rde gemmer 5 g vars koljanderb­lare, gekap 100 ml rysasyn 15 ml (1 e) suiker SAMESTELLI­NG 5 ml (1 t) paprika 125 ml (½ k) mayonnaise 4 slaaiblare (opsioneel) 4 burgerroll­etjies, elk gehalveer

1 Hoender Kap die hoenderbor­sies effens platter. Meng die karringmel­k, knoffel, paprika en suurlemoen­sap en -skil in ’n nie- metaalbak. Voeg die hoender by en marineer 15 min. 2 Haal uit die marinade, laat die meeste marinade afdrup, geur met die sout en peper en rol elke stuk in die broodkrumm­els tot goed bedek. 3 Braai in die verhitte olie tot goudbruin en net gaar. Dreineer op kombuispap­ier. 4 Koolslaai Meng die kool en wortel. 5 Meng die res van die slaaibesta­nddele en plaas op die koolmengse­l. 6 Samestelli­ng Meng die paprika en mayonnaise. 7 Plaas ’n slaaiblaar, indien gebruik, op die onderste deel van elke rolletjie en die hoender boop. Skep die slaai op en giet die mayonnaise oor. Plaas die boonste deel van die rolletjie boop en steek met ’n happiestok­kie vas indien verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa