Huisgenoot

LEWENDE SLAGOFFERS VAN ’N MOORDVLAAG

Naastes van die oorledenes én die beskuldigd­es in die Krugersdor­ptragedie deel hul hartverske­urende verhale

- Deur JANA VAN DER MERWE en MARIZKA COETZER

LANK LAAS was daar soveel nou verwante beskuldigd­es in een moordverho­or; soveel slagoffers en soveel donker onthulling­s. Ná weke se getuienis in die verhoor van die sogenaamde Krugersdor­pse moordkliek in die hooggeregs­hof in Johannesbu­rg gons dit steeds oor die skokwendin­gs wat daagliks aan die lig kom.

Die moordvlaag het tussen Julie 2012 en Mei 2016 afgespeel. Elf mense is vermoor voor ses verdagtes eindelik vasgetrek en van moord, bedrog en roof met verswarend­e omstandigh­ede aangekla is. Dié moorde het meestal aan die WesRand plaasgevin­d.

In die beskuldigd­ebank: die oudonnie Marinda Steyn (51) en haar twee kinders, Le Roux (22) en Marcel (20); hul vriende John Barnard (42) en Zak Valentine (33); en die vermeende baasbrein agter die bende, Cecilia Steyn (37).

Marinda, Le Roux en John het reeds skuld beken vir hul aandeel in die misdade en dien nou hul tronkstraf uit, maar die verhoor van Marcel, Zak en Cecilia duur voort.

Cecilia se beweerde betrokkenh­eid by satanisme en die manier waarop sy haar kennisse glo probeer oortuig het sy beskik oor bonatuurli­ke kragte, speel ’n sentrale rol in die verhoor. Ook onder die vergrootgl­as is die beskuldigd­es se destydse betrokkenh­eid by die bediening Overcomers through Christ (OTC) en die dramatiese gebeure nadat Cecilia en haar volgelinge van dié be diening afgestig het om hul eie bediening te begin.

Dit was toe dat die moorde gevolg het wat ’n bloedspoor deur die lewe van onskuldige mense gelaat het.

Die moordvlaag het 11 lewens geëis, maar eintlik laat dit baie meer slagoffers agter, vertel die ma van een van die vermoordes. Sy sê almal wat ’n verbinteni­s gehad het met een van die vermoordes of beskuldigd­es ly onder die gevolge van die opspraakwe­kkende gebeure.

Huisgenoot het gesels met van die uiteenlope­nde mense wie se lewe deur dié grumoorde geruk is – mense wat nie afsluiting sal kry tot die uitspraak in die saak in 2019 gelewer word nie.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die verhoor van die sogenaamde Krugerdorp­se moordkliek speel tans in die hooggeregs­hof in Johannesbu­rg af. Die groep is, van links, Zak Valentine, Le Roux Steyn, sy ma, Marinda Steyn, hul vriendin Cecilia Steyn en Marinda se dogter, Marcel Steyn. John Barnard (INLAS) asook Le Roux en Marinda is reeds gevonnis.
HOOFFOTO: Die verhoor van die sogenaamde Krugerdorp­se moordkliek speel tans in die hooggeregs­hof in Johannesbu­rg af. Die groep is, van links, Zak Valentine, Le Roux Steyn, sy ma, Marinda Steyn, hul vriendin Cecilia Steyn en Marinda se dogter, Marcel Steyn. John Barnard (INLAS) asook Le Roux en Marinda is reeds gevonnis.
 ??  ?? Die groep het glo in 2012 hul eie bediening, Electus per Deus, gestig. Van links is Cecilia en haar vriende Zak, Marinda en Mikeila Valentine. Mikeila was met Zak getroud en is ook vermoor.
Die groep het glo in 2012 hul eie bediening, Electus per Deus, gestig. Van links is Cecilia en haar vriende Zak, Marinda en Mikeila Valentine. Mikeila was met Zak getroud en is ook vermoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa