Huisgenoot

HOENDER EN CHORIZO

-

Maak dié gereg vooraf en warm dit op net voor jy dit voorsit.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: SOWAT 1 UUR

30 ml (2 e) olie 225 g chorizo, ontvel en in dun skyfies gesny 2 rooi-uie, geskil en in die lengte in kwarte gesny 8-12 middelslag- tot groot hoenderdye, met die ekstra vet afgesny 6 ml (1 t, opgehoop) paprika 1 groot knoffelhui­sie, geskil en fyngekap 5 ml (1 t) droë origanum 250 ml (1 k) droë witwyn 250 ml (1 k) hoenderaft­reksel (gebruik slegs ’n halwe aftrekselb­lokkie) 1 x 400 g-blik geskilde heel tamaties in sous

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.

2 Braai die chorizo en uie 7-8 min. Roer af en toe tot die uie sag is en die chorizo olie vrystel. Skep die mengsel met ’n gaatjiesle­pel uit en los die olie in die pan.

3 Plaas die hoender in die pan. Strooi die paprika, knoffel en origanum oor, geur liggies en stel die hitte hoër. Braai die hoender 4 min. per kant tot bruin.

4 Giet die wyn by en skraap die aanpaksel op die boom van die kastrol los. Roer die gebraaide uie, chorizo, aftreksel en tamaties met ’n vurk in. Stel die hitte op laag en laat 45 min. sonder ’n deksel prut. Roer af en toe.

5 Garneer soos verkies en sit voor saam met babaaartap­pels, groente en rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa