Huisgenoot

GEURIGE LAMSVLEIS MET KOESKOES

-

Hier’s ’n maklike, tuisgemaak­te harissapas­ta om oor lamsteak of -tjops te smeer. Sit dit as bykos voor saam met koeskoes.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. STAAN: 10 MIN. GAARMAAK: 15 MIN.

KOESKOES 250 ml (1 k) rou koeskoes 30 ml (2 e) olie 15 ml (1 e) suurlemoen­sap 5 ml (1 t) fyn komyn sout na smaak HARISSA 10 ml (2 t) komynsaad 10 ml (2 t) koljanders­aad 1 klein rooi brandrissi­e, ontpit en fyngekap 1 groot knoffelhui­sie, geskil en fyngekap 5 ml (1 t) gerookte paprika 60 ml (4 e) olie 20 ml (4 t) tamatiepas­ta

sout en peper LAMSVLEIS

4 x 200 g-lamsteaks AFRONDING 125 ml (½ k) ongegeurde jogurt ’n hand vol vars koljanderb­lare, geskeur Voorverhit die oond se roosterele­ment.

1 Koeskoes Plaas die koeskoes in ’n middelslag­bak en giet net genoeg kookwater oor om dit te bedek. Sit kleefplast­iek oor die bak en laat 10 min. staan tot al die water geabsorbee­r is. Verwyder die kleefplast­iek en maak die koeskoes met ’n vurk los. Voeg die olie, suurlemoen­sap en komyn by, geur met sout na smaak en roer deur.

2 Harissa Rooster die komyn- en koljanders­aad 2 min. in ’n droë braaipan oor matige hitte tot geurig. Skep dit in ’n bakkie of vysel en kneus met ’n stamper saam met die brandrissi­e, knoffel, paprika, olie, tamatiepas­ta en ’n bietjie sout en peper tot ’n growwe pasta.

3 Lamsvleis Smeer die harissapas­ta aan albei kante van die steaks en plaas dit op die rak van ’n oondrooste­rpan. Rooster 4-6 min. aan elke kant tot bruin aan die buitekant en nog pienk aan die binnekant. 4 Afronding Skep ’n paar lepels koeskoes op elke bord en plaas die steaks bo-op. Skep ’n skeppie jogurt oor die vleis en rond af met die koljanderb­lare. Indien verkies, kan jy selfs ’n bietjie harissapas­ta deur die jogurt roer en apart voorsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa