Huisgenoot

My skoonseun aangekla van my dogter se moord

ILSE VAN DIJK (53), Heidelberg, Gauteng

- (Van vorige bladsy)

Die dag toe Mikeila Valentine vermoor is, het Ilse nie net ’n dogter aan die dood afgestaan nie; sy het ook die skoonseun verloor wat vir haar soos ’n eie kind was. Dis steeds vir Ilse ’n bitter pil om te sluk dat Zak Valentine (34), haar dogter se man, in staat kon wees tot die misdade waarvan hy aangekla word.

Mikeila was 25 jaar oud toe sy op 4 Oktober 2012 in haar en Zak se huis in die sekuriteit­skompleks Sunset View in Ruimsig, Roodepoort, met ’n skerp voorwerp doodgestee­k is. Die staat voer aan Mikeila is vermoor omdat sy Cecilia se bediening, waarvan sy en Zak deel was, wou verlaat. Maar dis ook die wete dat haar dogter nie meer deel van die groep wou wees nie waarin Ilse haar berusting vind. “Mikeila het dalk haar lewe op aarde verloor, maar sy het ’n nuwe lewe in die hemel gekry omdat sy die regte keuse gemaak het,” vertel sy.

Sy sê Mikeila was in haar tweede jaar aan die Rhema-Bybelskool in Randburg toe sy einde November 2009 vir Zak by ’n selgroep by die Rhemakerk ontmoet. Ilse was dadelik dol oor haar dogter se kêrel.

“Hy was ordentlik. Soft-spoken. Hy was goed vir Mikeila,” vertel sy hartseer. Maar die gevaarligt­e het begin flikker toe Mikeila in Augustus 2010 aankondig sy wil haar studie laat vaar. Mikeila en Zak was toe betrokke by die OTC, wat satanisme wou teenwerk. Hulle het die Rhemakerk verlaat nadat Cecilia dit glo beswadder het.

Ilse kon in 2011 die veranderin­g in haar kind sien. “Mikeila was baie siek. Sy was kort-kort by die dokter of in die hospitaal.” Ilse vertel sy het baie oor Cecilia gepraat. “Alles was net Cecilia voor en Cecilia agter, maar elke keer wanneer ek met haar daaroor wou praat, het dit op ’n bakleiery uitgeloop. Later het ek net vir my kind gebid en gevra die Here e moet haar wys dis nie reg nie.” In 2012 kon sy sien Mikeila is s vreesbevan­ge. “Twee mense wat t die ministry wou verlaat, is dood,” ” het Mikeila haar ma oor die dood d van lede van die OTC vertel. Dit t was nadat Natacha en Joy in Centurion vermoor is. In Augustus 2012 is ook past. Reg Bendixen (76) van die OTC by sy huis in Johannesbu­rg vermoor. In dié tyd het Mikeila en Zak saam met Cecilia en haar vriendin Marinda Steyn van die OTC weggebreek en aangesluit by Cecilia se nuwe bediening, Electus per Deus, wat “Gekies deur God” beteken. In Oktober daardie jaar, nadat Mikeila aangedui het sy wil nie meer deel van die groep wees nie, is sy vermoor. Die staat voer aan Zak het Mikeila slaappille ingegee. Marinda het haar toe in haar bed doodgestee­k. Marcel, wat toe 14 jaar oud was, was glo teenwoordi­g toe dié moord plaasvind. Tog vertel Ilse sy het vrede gevind en haar kind se moordenaar­s vergewe. “In die hof het ek na hulle gekyk en hulle jammer gekry.” Ilse sê sy bid dat mense wat by vals bedienings betrokke is die lig sal sien. “Mense in Suid-Afrika moet net wakker wees, want die vyand is ’n slang wat verblind en ’n leeu wat verslind.”

‘Ek ken haar nie as ’n moordenaar, ’n hoë priester in die satanisme of ’n sielkundig­e nie – sy is net my suster’

Dis vir Dalena, ’n tuisteskep­per van die Wes-Rand, onverklaar­baar dat haar suster die pad so byster geraak het. “Ek ken haar nie as ’n moordenaar, ’n hoë priester in die satanisme of selfs ’n sielkundig­e nie – sy is net my suster,” vertel sy oor Cecilia, glo die baasbrein en die spilpunt van die vermeende moordbende.

Sy vertel haar suster was kleintyd doodgewoon. “Toe ons klein was, was my sussie die een wat te bang was om alleen in ’n donker kamer te slaap of in die nag badkamer toe te gaan.”

Dalena vertel haar suster, wat haar as ’n sielkundig­e voorgehou het, maar eintlik werkloos was, het baie oor satanisme opgelees omdat sy “mense wou beïndruk”. Dit het later in die hof aan die lig gekom Cecilia het haar groeplede probeer oortuig haar siel kan haar liggaam verlaat, sy kan mense se gedagtes lees en verskillen­de persoonlik­hede aanneem. Veral Marinda was glo deur haar gewaande kragte beïndruk.

Toe Dalena ná die inhegtenis­neming van Le Roux en Marcel in Junie 2016 uitvind haar suster word by die moorde betrek, wou sy dit eers nie glo nie.

“Ek het aan die begin gedink die polisie het die kat aan die stert beet, maar toe hulle van die bewyse vir my wys . . .”

Dalena vertel sy woon nie die saak by nie, want “ek weet nie hoe om die mense in die oë te kyk nie.

“Jy lees dié soort stories in koerante en sien dit op televisie, maar jy dink nooit dit sal met mense gebeur wat jy ken nie.”

Die gebeure het ’n ingrypende uitwerking op haar lewe gehad. Sy sê huisvriend­e kom nie meer kuier nie, aangetroud­e familie wys die vinger na haar, en selfs haar man se werk ly daaronder.

Verslae sê Dalena: “Ek is kwaad vir haar, maar ek is steeds lief vir haar. Sy’s my suster.”

 ??  ?? VERMOOR MIKEILA VALENTINE
VERMOOR MIKEILA VALENTINE
 ??  ?? ZAK VALENTINE
ZAK VALENTINE
 ??  ?? CECILIA STEYN
CECILIA STEYN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa