Huisgenoot

WEDUWEE SMAG NA SEKS

-

VDie gemeenskap verwag darem soms baie van ’n mens. Hoe moet jy jou seksdrange beheer as jy jou maat verloor het? Ek wil nie in ’n verhouding ingedwing word net ter wille van seks nie. DG, SMS

AOm jou drange te bestuur pleks van dit te probeer beheer, kan jou dalk help. Jy is nie net ’n klomp hormone nie; hoe jy jou seksualite­it beleef, is ook ’n breinspele­tjie. Deur anders daaroor te dink is ’n goeie begin om jou lyf se fisieke eise te laat bedaar.

Moontlik was die liefdespel in jou huwelik altyd op die eindbestem­ming – ’n orgasme – gemik. Verruklike seks hoef nie altyd die eindpunt van fisieke aanraking te wees nie. Om van ’n ligte omhelsing te kan wegdraai wanneer jy eintlik graag in die bed wil spring verg dat jy vooraf moet besluit wat jy in sulke omstandigh­ede gaan doen.

As gedagtes aan seks jou kom en gaan oorheers, is dit dikwels ’n aanduiding dat jou emosionele behoeftes nie bevredig word nie. Dan kan ’n inniger verhouding met vriende en familieled­e deel van die oplossing wees.

’n Mens se onvermoë om die pyn van die dood van ’n eggenoot te verwerk kan ook daartoe lei dat jy na jou fisieke pleks van jou emosionele behoeftes wil omsien. Masturbasi­e bied bloot tydelike selftroos vir iemand wat in ’n verhouding seksueel vervul was. Dit kan jou mettertyd leeg en onvervul laat voel.

Wees versigtig oor hoe jy jou seksualite­it voed. Om aan sport deel te neem, in die buitelug te stap of die natuur bewustelik te beleef, is beter as om boeke te lees en DVD’s te kyk wat jou lyf aan eertydse plesiere herinner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa