Huisgenoot

Sanger Werner Bekker volg in pa se spore

Hy het van jongs af begin om aan sy musiekloop­baan te skaaf, en vandag kan dié Pretoriane­r die vrugte van sy harde werk pluk

- Deur Myron Weyers Ins r

G’n nuweling op die toneel

Werner Bekker (23) is nie ’n groentjie agter die mikrofoon nie. Die sanger, wie se musiek herinner aan groot name soos Hozier, het al twee EP’s uitgereik – Lalaith in 2015 en A Northern Summer verlede jaar. Sy nuwe enkelsnit, I’m with You, maak ook golwe.

Musiek is in sy gene

Werner het sy musiektale­nt geërf by sy pa, Gert (47), wat ook ’n sanger is. Als het begin toe sy pa hom as 17-jarige nooi om by ’n plaaslike kuierplek in Randburg op te tree. Teen dié tyd het Werner, een van drie kinders, al sy eie liedjies begin skryf. In 2014 het hy musiek studeer aan die Campus of Performing Arts in Kensington, Johannesbu­rg, maar twee jaar later opgeskop. Hy het hom toe op sy musiekloop­baan toegespits. Werner en sy pa is al musikante in die gesin. Sy ma, Liesl (47), is ’n onnie en visuele kunstenaar, en sy suster, Jolene (22), is ook ’n visuele kunstenaar.

Unieke styl

Sy musiek is soortgelyk k aan dié van groot name in die ie musiekbedr­yf, soos Bob b Dylan, Cat Stevens, Ben Howard en Damien Rice, sê hy. “Ek het grootgewor­d met hierdie soort musiek. Dit spreek tot my.” Hy stel ook in ander genres soos grunge, alternatie­we rock, folk en selfs goeie popmusiek belang.

Moenie verander nie

Sy raad aan opkomende sangers? Wees jouself, en moenie toelaat dat mense jou manipuleer of in ’n situasie boelie nie, meen Werner. “Jy is jou eie mens met jou eie styl en drome, en as jy hard werk, kan jy ver kom. Glo altyd in jouself en gebruik kritiek om te groei.”

Hy bou sy eie kitare

Hy was nog altyd lief daarvoor om dinge met sy hande te maak. “Enige kitaarspel­er is altyd opsoek na ’n beter kitaar – en toe besluit ek om my twee passies saam te voeg,” vertel hy. “Die proses neem sowat ses maande.” Hy maak nou sy tweede kitaar en wys self sy aanhangers op Instagram hoe hy dit doen.

Die pad vorentoe

Hy beplan om volgende jaar sy nuwe EP uit te reik. Hy wil ook graag oorsee toer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa