De­mi-Leigh kyk te­rug op haar troon­jaar

Met haar tyd as Mej. Heelal am­per ver­by, kyk De­mi-Leigh te­rug op haar hoog­te­pun­te en min­der lekker oom­blik­ke

Huisgenoot - - Inhoud - Deur SHANAAZ P­RIN­CE

SY WAS op die loop­plank vir die wê­reld se voor­ste ont­wer­pers, het die pla­neet plat­ge­reis en selfs by die Ver­e­nig­de Na­sies se Al­ge­me­ne Ver­ga­de­ring ge­praat. Nou kom die spro­kies­jaar van ons Mej. Heelal, De­mi-Leigh Nel-Pe­ters, tot ’n ein­de wan­neer sy die blink kroon op 17 De­sem­ber op haar op­vol­ger se kop plaas. Maar sy het meer as ge­noeg her­in­ne­rings om ’n leef­tyd lank te koes­ter.

“Die jaar het al my ver­wag­tings oor­tref, die bes­tes en die sleg­stes,” ver­tel die skoonheid uit die woon­stel in 57th S­treet, New York, wat die af­ge­lo­pe jaar haar huis was. Sy is net 23 jaar oud; daar­om was dit te wag­te dat sy soms oor­wel­dig sou voel.

“’n Mens be­sef nie wat dit van jou vat om na ’n an­der land te trek waar jy nie­mand ken nie, nu­we vrien­de moet maak en die ver­voer­stel­sel moet leer ken nie. En dit was vir my erg son­der my hond, B­en­ji. Ge­luk­kig stuur my ma da­rem el­ke dag vir my fo­to’s van hom.”

Hoe­wel die Groot Ap­pel nie al­tyd ’n mak­li­ke plek is om in te woon nie, het die stad hom in haar hart in­ge­wurm, ver­tel sy. Die ge­woel wat nie eens snags op­hou nie, die kon­stan­te ge­toe­ter van die geel taxi’s, die hel­der lig­te van Ti­mes S­qua­re; sy het op al­les ver­lief ge­raak. En ook op ’n man: die be­roeps­bof­bal­spe­ler Tim Te­bow.

Dié twee het me­kaar in A­pril van­jaar ont­moet en gou be­gin o­gies maak. Hul ver­hou­ding het eers in Ju­lie be­kend ge­word toe sy sus­ter, Ka­tie, ’ n fo­to op In­sta­gram deel van Tim met

sy arm om De­mi-Leigh se slan­ke lyf.

“Ja, ek het ’n man hier ont­moet,” er­ken sy. “Ek dink ons was nog­al dis­kreet en het ons pri­vaat­heid mooi be­skerm. Ons kies wat ons wil be­kend­maak oor ons ver­hou­ding; dis hoe ons al­bei dit ver­kies. Ek het ver­hou­dings nog al­tyd erns­tig op­ge­neem, ook dié met vrien­de, en dis iets waar­aan ek baie waar­de heg. Ek raak nie by ver­hou­dings be­trok­ke as ek nie po­ten­si­aal sien op lang ter­myn nie, want ek dink dis net te spe­si­aal.”

Sy kyk nou te­rug op haar op­win­den­de jaar en sê sy sal al­tyd dank­baar wees vir die deu­re wat vir haar oop­ge­maak is.

“Wat jy glo, is wat jy sal be­reik,” sê sy. “Ek was nooit se­ker dit sou my le­we wees nie. Maar diep in my hart het ek hier­van ge­droom en ge­werk om dit te be­reik.”

AS ’N mens na De­mi se In­sta­gram­fo­to’s kyk, lyk haar le­we so blink en op­win­dend, jy kan nie an­ders as om ’n bie­tjie ja­loers te voel nie. Die le­we in die be­to­noer­woud pas haar soos ’n hand­skoen: Op el­ke fo­to kan jy haar deur ’n ring trek met haar vol­maak­te gri­me­ring, blink bos ha­re en ont­wer­pers­kle­re. Maar moe­nie dink dis al­les maan­skyn en ro­se nie, sê De­mi gou.

“Men­se dink ek word sog­gens wak­ker en ’n haar­sti­lis en gri­meer­kuns­te­naar staan ge­reed om my mooi te maak. Dis nie so nie,” ver­dui­de­lik sy. “Dis ’n vol­tyd­se werk om Mej. Heelal te wees. Baie ke­re het ek drie­uur in die og­gend van ’ n oor­se­se reis te­rug­ge­kom en dan moes ek ne­ge­uur die og­gend by ’n ge­leent­heid wees. Ek weet nie hoe ek dit ge­doen het nie. Ek het my­self ver­ras.”

Sy ver­tel van ’n paar keer dat sy on­ver­wags teen­spoed ge­had het. Een was dat tax­i­be­stuur­ders haar skeef aan­ge­kyk het wan­neer sy van die “ro­bot” ge­praat het; hul­le ken dit as ’n “traf­fic lig­ht”. Sy kon ook nie som­mer in ’n ap­teek in­stap om haar ge­bruik­li­ke pyn­stil­ler te koop nie, want dit is nie hier be­skik­baar nie.

Die een ding waar­op sy trots is, is dat sy ge­trou ge­bly het aan haar­self.

“Ek dink nie ek het my ak­sent ver­loor nie. Men­se vra my nog waar ek van­daan kom. Ter­loops, hul­le dink die SuidA­fri­kaan­se ak­sent is mooi,” ver­tel sy.

“Ek praat baie A­fri­kaans, of hul­le dit nou ver­staan of nie. A­fri­kaans is so be­skry­wend. Ek kan nooit, wan­neer ’n sti­lis met my ha­re be­sig is, ver­dui­de­lik ek is nie klein­se­rig nie.”

Sy het vrees­lik na haar men­se ver­lang, ver­al toe haar pa, Ben­nie Pe­ters (55), ’n rug­o­pe­ra­sie moes on­der­gaan, haar ma, An­ne-Ma­ri Nel (57), ’n nek­o­pe­ra­sie moes kry en haar sus­sie, Fran­je (12), siek ge­word het.

“Dit was moei­lik om nie daar te wees met die o­pe­ra­sies nie. Jy kan nie net in jou mo­tor klim en daar­heen ry nie. Toe my sus­sie siek was, was dit moei­lik om aan die an­der kant van die aar­de te wees. ’n Mens voel so hul­pe­loos.”

Daar­by maak die tyds­ver­skil tus­sen die lan­de din­ge in­ge­wik­keld. (Suid-A­fri­ka is se­we uur voor New York.)

“Ek word wak­ker wan­neer al­mal by die huis bed toe gaan.”

Ge­luk­kig het al­bei haar stel­le ou­ers haar be­soek. In Sep­tem­ber het Ben­nie en haar stief­ma, El­za­be (44), en An­ne-Ma­ri en haar stief­pa, Jo­han (60), New York toe ge­kom. “Ons het ’n stads­toer ge­doen; Brook­lyn­brug, Grand Cen­tral S­ta­ti­on, 5th A­ve­nue, Cen­tral Park. Dit was pret,” sê sy.

Om die kroon te span was Tim en sy ge­sin ook in die stad en kon al­mal me­kaar be­ter leer ken.

De­mi en Tim (31) het me­kaar ein­de A­pril ont­moet na­dat hy ’n on­der­houd ge­sien het waar­in sy oor haar sus­ter praat. Fran­je is met sub­to­ta­le se­re­bel­lê­re ont­wik­ke­ling­stui­ting ge­bo­re. Dit is ’n seld­sa­me toe­stand waar die brein son­der ’n se­re­bel­lum (klein­har­sings) ont­wik­kel.

Hy het haar toe ge­kon­tak om­dat sy stig­ting, die Tim Te­bow Foun­da­ti­on, be­wust­heid skep en geld in­sa­mel vir kin­ders met spe­si­a­le be­hoef­tes.

Tim hou el­ke jaar ’n for­me­le dans vir kin­ders met ge­stremd­he­de in 20 lan­de wê­reld­wyd, in­slui­tend Suid-A­fri­ka. Dié dans is am­per soos ’n ma­triek­af­skeid.

“Tim het my, Fran­je en ons ou­ers ge­nooi om by die ge­leent­heid be­trok­ke te raak,” sê De­mi-Leigh. “Ons het daar­oor be­gin ge­sels en me­kaar be­ter leer ken.”

Tim het in ’n on­der­houd met die sport- ka­naal ESPN ge­sê De­mi “is ’n spe­si­a­le vrou en ek is ge­luk­kig en ge­se­ën dat sy in my le­we is”.

Die twee is fa­mi­lie­vas en ge­lo­wig. De­mi- Leigh se stief­ma, El­za­bé, het vro­ëer aan Huis­ge­noot ge­sê Tim se ge­loof is vir hom net so be­lang­rik soos dit vir De­mi is. Hy is ’n lid van die Fel­lows­hip of Chris­ti­an Athle­tes, wie se le­de on­der­neem om ’n maagd te bly tot hul­le trou. Hy deel ook ge­reeld By­bel­ver­se met sy 1,4 mil­joen aan­han­gers op In­sta­gram.

De­mi en Tim kry nie baie tyd om saam te wees nie, want al­bei se pro­gram is prop­vol. Wan­neer hul­le­wel­hul­le­wel kui­er­tyd het, gaan eet hul­le in hul guns­te­lin­gre­stau­ran-

te, kyk flieks en voer diep ge­sprek­ke.

De­mi hou daar­van om vir hom kos te maak. “Hy volg ’n ke­to­ge­nie­se eet­plan (baie vet, ma­ti­ge hoe­veel­he­de pro­te­ïen en min kool­hi­dra­te); dus is dit al­tyd vir my lekker om nu­we re­sep­te te pro­beer uit­dink.

DIS Dank­seg­gings­na­week in A­me­ri­ka toe ons ge­sels en De­mi is be­sig om haar tas­se te pak, dié keer vir ’n na­week in Flo­ri­da saam met die Te­bows. “Ek sien uit na my eer­ste reg­te A­me­ri A­me­ri­kaan­se Dank­seg­ging,” sê sy.

Dit was ’n jaar vol eer- stes. Sy het meer as 16 lan­de be­soek, on­der meer E­gip­te, T­hai­land, In­do­ne­sië, Mex­i­ko, Frank­ryk, E­cu­a­dor en In­dië.

Sy het in Sep­tem­ber in New York die Ver­e­nig­de Na­sies toe­ge­spreek as am­bas­sa­deur van S­mi­le Train, ’n or­ga­ni­sa­sie wat kin­ders met ’n ge­sple­te ver­he­mel­te help.

Na­dat sy haar kroon kort voor Kers­fees in T­hai­land aan haar op­vol­ger oor­han­dig het, gaan sy nog nie heel­te­mal tot siens sê aan haar le­we in A­me­ri­ka nie.

Sy be­plan om in New York te bly en het ’n mo­del­kon­trak met IMG Mo­dels daar ge­te­ken. Hul­le H be­stuur top­mo­del­le soos Gi­gi en Bel­la Be Ha­did, Ro­sie Hun­ting­tonW­hi­te­ley en Can­di­ce Swanepoel.

“Ek wil graag vol­tyds mo­del­leer en wil meer werk as mo­ti­ve­rings­pre­ker doen,” sê De­mi. “Ek is mal oor die mo­de­be­dryf en ho­pe­lik sal ek my graad in sa­ke­be­stuur en en­tre­pre­neur­skap in daar­die rig­ting kan aan­wend.”

Vir Kers­fees kom sy vir ’n week huis toe, waar sy tus­sen haar twee ou­er­hui­se op Sed­ge­field en in Pot­chef­stroom sal kui­er. En die kê­rel kom saam.

“Dit sal sy eer­ste be­soek aan SuidA­fri­ka wees; dus is ek op­ge­won­de en ek wil dit spe­si­aal maak vir hom. Ek wil hom wys waar ek groot­ge­word het.”

En teen die ein­de van Tim se kui­er hier in haar hart­land sal hy ho­pe­lik net so ver­sot wees op bil­tong en braai­vleis soos sy.

HOOFFOTO: Dis tyd vir te­rug­kyk. De­miLeigh Nel-Pe­tersPe se war­rel­wind­jaar as Mej. Heelal kom oop 17 De­sem­ber tot ’n ein­de wan­neer sy hhaar op­vol­ger in T­hai­land kroon. ONDEONDER: Die prag­ti­ge De­mi het nou ’n kon­trak mmet die voor­aan­staan­de mo­del­a­gent­ska­pa­gent­skap IMIMG Mo­dels ge­te­ken om van 2019 af mod­mo­del­werk vir hul­le te doen.

BO: Die twee se ou­ers het me­kaar ont­moet toe De­mi se men­se in Sep­tem­ber in New York ge­kui­er het. Van links is De­mi se stief­pa, Jo­han, haar ma, An­ne-Ma­ri, Tim, De­mi-Leigh, De­mi se stief­ma, El­za­bé, haar pa, Ben­nie, en Tim se ou­ers, Pa­me­la en Ro­bert. HEEL BO: Sy het haar eer­ste Dank­seg­gings­fees saam met die Te­bo­w­fa­mi­lie in Flo­ri­da be­leef. Van links is Tim se broer Pe­ter en sy vrou, Ke­nin, Tim se swa­er Joey en sy sus­ter Chris­ty, Tim se broer Rob­by, sy sus­ter Ka­tie, Tim en De­mi-Leigh.

LINKS en REGS: Al was sy so be­sig, het De­mi tyd ge­kry om ’n ver­hou­ding te be­gin. Sy en die A­me­ri­kaan­se be­roeps­bof­bal­spe­ler Tim Te­bow is se­dert A­pril ’n paar­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.