WAT SÊ DE­MI-LEIGH SE OU­ERS?

Huisgenoot - - Nuus -

De­mi-Leigh se twee paar ou­ers – pa Ben­nie en stief­ma El­za­bé en ma An­neMa­ri en stief­pa Jo­han – gloei oor hul dog­ter se pres­ta­sies. “Dit maak my trots om te sien hoe sy al­mal om haar ge­ïn­spi­reer het,” sê An­ne-Ma­ri.

Dit was moei­lik om ’n he­le jaar so ver van haar dog­ter te wees, maar hul­le kon in haar reis deel.

“Ek mis haar baie, maar ons het ’n sterk band en praat am­per daag­liks en Sky­pe ge­reeld,” sê An­ne-Ma­ri.

Ben­nie sê dank­sy teg­no­lo­gie soos W­hat­sApp, Fa­ceTi­me, e-pos en In­sta­gram het hul­le op die hoog­te ge­bly van wat in De­mi se le­we aan­gaan.

“Ons glo sy moet die ruim­te hê om haar voe­te in die vol­was­se wê­reld te vind son­der dat ons haar hand vas­hou. As jy ’n kind groot­maak deur vir hul­le te sê die wê­reld staan oop vir hul­le, kan jy nie aan­stoot neem wan­neer hul­le in ’n an­der deel van dié wê­reld wil leef nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.