Huisgenoot

SAKPAS DRINKGOED

-

Maak nie saak hoe bekostigba­ar jy jou Kersete maak nie, die drinkgoed is dikwels die ding wat jou begroting in die rooi laat beland.

Dit is heeltemal aanvaarbaa­r om jou gaste te vra om hul eie drankies saam te bring, sê Andrew.

Of pleks daarvan om vir hulle bier, wyn en sterk drank aan te bied, kan jy ’n verfrissen­de pons maak.

“’n Pimm’s-skemerkelk­ie is my gunsteling vir die feestyd. En die niealkohol­iese weergawega­we daarvan lyk net so mooi en is volmaak vir ’n warm dag saam met kinders,” sê hy.

Pleks daarvan dat jy gaskoeldra­nke vol suiker vir die kinders koop, stel die sjef Lesego Semenya voor dat jy kreatief raak met sodawater. “Laat die kinders self die water met suikervrye vrugtestro­op, tee, vars bessies of vrugte geur.”

Bessiegege­urde water is ook ’n elegante keuse vir die grootmense. “’n Beker kraanwater met ys en ’n paar aarbeie is altyd welkom, lyk goed en verg geen moeite nie,” sê die partytjieb­eplanner Otto de Jager.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa