Huisgenoot

SO KAN JY NOG BESPAAR

-

BEPLAN VOORUIT

Beplan jou spyskaart vooruit en maak ’n lys van alles wat jy nodig het. Koop soveel van die bestanddel­e vroegtydig as wat jy kan. Dit sal jou stresvlak laag hou en keer dat jy op die nippertjie impulsief aan die koop raak.

“Kersbemark­ing is genadeloos en doeltreffe­nd,” maan Andrew. “Hou by jou lys, en moenie toelaat dat versoeking­s jou aandag aflei nie.”

’n Inkopielys is noodsaakli­k as jy binne jou begroting wil bly, beaam Lesego. Winkels adverteer in die Kerstyd spesiale aanbieding­s vir die vale, maar vra jouself af of jy iets regtig nodig het voor jy dit in jou trollie pak, is sy raad.

PLUNDER JOU KASTE

Kyk eers wat jy in jou spens en yskas het voor jy die winkels invaar, sê Mogau. “Dit kan jou baie geld spaar en is ’n goeie manier om goed op te gebruik wat bêreplek in beslag neem.”

Blikkiesko­s soos bone en kekerertji­es en bevrore groente kan jy in ’n slaai of bygereg vir die Kersmaal gebruik. Of gooi dit in bredie wat jy ’n dag of wat ná Kersfees van die oorskietvl­eis maak.

VRA HULP

Jy hoef nie alleen vir die hele familie reg te staan en uit jou eie sak daarvoor op te dok nie, sê Andrew. “Vra jou gaste om ’n slaai, voorgereg, nagereg of drinkgoed saam te bring.”

Onthou, Kersfees gaan oor tradisie en samesyn vir die familie. “Al wil ons graag ons geliefdes bederf, behoort dit nie ’n kompetisie te wees nie. Gee jou familie iets waarvoor hulle lief is en iets wat jy geniet om te berei.”

BEGIN VROEG

Vroeg koop is altyd die beste manier om vir Kersfees voor te berei, meen Lesego. “Koop soveel as wat jy kan in die weke voor die groot dag voor die pryse kwaai styg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa