Gee Ker­s­koe­kies as ge­sken­ke

Suk­kel jy met ge­skenk-i­dees vir Kers­fees? Bak vir die fa­mi­lie koekies, ver­pak dit in bok­sies of blik­ke en sie­daar, ’n wel­ko­me pre­sent!

Huisgenoot - - Inhoud - Re­sep­te en sti­le­ring: ESTHER MA­LAN Fo­to’s: JA­C­QUES STANDER

KERSIE-KLAPPERKOEKIES

Klapperkoekies is al­tyd ’n wen­ner. Ge­bruik ver­skeie kleu­re glans­ker­sies vir ’n fees­te­li­ke af­fê­re. LE­WER 26 KOEKIES BEREIDING: 30 MIN. VERKOELTYD: 30 MIN. BAKTYD: 12-15 MIN. KOEKIES 125 g sag­te bot­ter of mar­ga­rien 180 ml (¾ k) lig­bruin­sui­ker 1 ei­er 5 ml (1 t) va­niel­je 250 ml (1 k) fyn klap­per 125 ml (½ k) grow­we klap­per 250 ml (1 k) meel 1,25 ml (¼ t) koek­so­da 1,25 ml (¼ t) bak­poei­er ek­stra meel vir strooi VIR AFRONDING 8-10 glans­ker­sies, in stuk­kies ge­sny (op­si­o­neel)

Voor­ver­hit die oond tot 160 °C. Voer 2 groot bak­pla­te uit met bak­pa­pier.

1 Koekies Klop die bot­ter en suiker in die bak van ’n e­lek­trie­se men­ger saam tot ro­me­rig. 2 Voeg die ei­er en va­niel­je by en klits tot goed ge­meng. 3 Voeg die res van die be­stand­de­le by en klits tot net ge­meng. Skraap die deeg uit die bak en vorm ’n bal. Be­dek met kleef­plas­tiek en ver­koel min­stens 30 min. 4 Be­strooi ’n werk­op­per­vlak goed met meel en rol die deeg on­ge­veer 3 mm dik uit. Druk vier­kan­ti­ge (of e­ni­ge an­der vorm van jou keu­se) koekies uit die deeg en pak ef­fens uit­me­kaar op die be­rei­de bak­pla­te. Her­haal tot al die deeg op­ge­bruik is. 5 Vir afronding Druk ’n stuk­kie glans­ker­sie in die mid­del van el­ke koe­kie. Bak die koekies 12-15 min. of tot strooi­kleu­rig en gaar. 6 Laat die koekies op ’n draad­rak­kie af­koel en bê­re in ’n lug­dig­te hou­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.