Huisgenoot

GEBRAAIDE DRUIWE EN ICEBERGSLA­AI MET SPEKSLAAIS­OUS

-

Die spekslaais­ous is heerlik saam met die slaaiblare en druiwe.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 10 MIN.

SLAAISOUS 250 g gekapte spek 125 ml (½ k) olie 10 ml (2 t) Dijonmoste­rd 45 ml (3 e) appelasyn 1 knoffelhui­sie, fyngedruk sout en peper na smaak SLAAI 2 trosse swart druiwe 1 tros groen druiwe 1 Icebergbla­arslaai 1 baba-vinkelbol, oor kole gebraai en dan in dun repies gesny, of ’n hand vol appelliefi­es halwe rooi-ui, in dun ringe gesny 1 bol bocconcini-kaas (mozzarella), in stukkies gebreek grondboont­jies vir oorsprinke­l (opsioneel)

1 Slaaisous Braai die spek in van die olie tot gaar en bros. Laat afkoel en kap die spek fyn in ’n voedselver­werker. Voeg die orige olie, mosterd, asyn en knoffel by en verwerk tot heeltemal fyn en gemeng. Geur na smaak met sout en peper

2 Slaai Rooster die takkies druiwe tot die velletjie net begin oopbars. 3 Sny die blaarslaai in wiggies, rooster die snykante effe indien verkies en plaas die druiwe bo-op. Sprinkel die vinkelstuk­kies of appelliefi­es, ui en kaas oor. 4 Giet die slaaisous oor. Sprinkel die grondbone oor indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa