Huisgenoot

ENGELSEUN WORD ’N ‘MONSTERTJI­E’

-

Ek is die ma van ’n pragtige driejarige seun. Die juffrou by sy skool het altyd net mooi dinge oor hom te sê gehad, maar vandag hoor ek by haar dat my seun met haar en sy skoolmaats baklei. Hy luister glad nie en slaan haar glo ook. Ek het geen veranderin­g in sy gedrag by die huis opgemerk nie. Help, asseblief, want my lieflingse­un verander in ’n monstertji­e.

BBM op KS

As hy net by die skool so optree, kan ’n sneller daar die oorsaak wees. Omdat jy nie self die situasie kan dophou nie en nie goedsmoeds aantygings wil maak nie, sal jy by die huis ’n plan moet beraam om dinge by die skool vir hom makliker te maak. Hier is ’n paar wenke:

Wys hom met ’n gebaar dat jy seerkry as hy jou sou slaan; daarom mag hy dit nie doen nie. Soms verstaan kinders wat tuis sagkens behandel word nie dat slaan seermaak nie.

As hy ’n woedeuitba­rsting kry, is hy dalk oormoeg. Sorg dat sy roetine soggens voor skool nie gejaag is nie en dat hy goed uitgerus is.

Soms deel kinders wat alleen grootword moeilik met ander. Nooi meer gereeld maatjies na jul huis toe sodat hy kan leer om speelgoed te deel.

Kinders wat nie aandag kry nie of nie die geleenthei­d kry om leiding te kan neem nie, kan gefrustree­rd voel. Gee hom jou onverdeeld­e aandag by die huis en skakel dan jou selfoon af. Vra die juffrou om hom soms ekstra aandag of verantwoor­delikhede in die klas te gee.

As hy nie kan byhou met die eise in die klas wat sy ontwikkeli­ng betref nie, kan sy gedrag ’n manier wees om sy frustrasie te probeer verlig. Stel vas met watter klastake hulle besig is soos teken of inkleur en doen dit tuis saam met hom.

Stel dit duidelik dat jy sulke gedrag afkeur, maar sorg dat hy weet jy’s lief vir hom.

Dalk knou ’n boelie by die skool hom af. Hoor by die juffrou of daar sulke kinders in sy klas is en vra hoe daar teen hulle opgetree word.

As die probleem met jou seun se gedrag voortduur, kan jy by ’n kindersiel­kundige aanklop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa