Kort­ver­ha­le: Bloed Is Dik­ker as Wa­ter

’n Ma se droom van haar dog­ter se troue een­dag word voor ’n on­ver­wag­te werk­lik­heid ge­stel

Huisgenoot - - Inhoud - Deur RO­NEL MOSTERT Il­lus­tra­sie: MI­CHA­EL DE LUCCHI

GER­DA sit die tee­sak­kie in die kop­pie, maar gooi nie da­de­lik die kook­wa­ter in nie. Sy sit die ke­tel neer en gaan sit weer by die ta­fel. Sy lees Gab­by se e-pos die vyf­de keer. Knyp haar oë toe.

“He­re, kan dit wees?” Hoe het sy dit nie raak­ge­sien nie? Sy het ge­dink sy ken haar kind. Weet al­les. Sy vryf teen haar sla­pe. Dis ’n kort brief. “Ma, ek wil Kers­fees kom kui­er.” Sy het ge­juig. Sy gaan Gab­by weer sien. “Ek het ’n voor­waar­de.” E­nig­iets. Kom kui­er net weer ’n slag, het sy ge­dink. “Ek wil ie­mand saam­bring.” Ein­de­lik! Gab­by het ie­mand ont­moet. “Dis nie ’n man nie . . .” Gab­by se vrien­din­ne was nog al­tyd wel­kom.

“Ek is lief vir haar. Haar naam is Al­len. Ons is die af­ge­lo­pe jaar saam.”

Ger­da se hart mis weer ’n slag. Sy staan op en kyk by die ven­ster uit. Die aar­tap­pel­plant in die bin­ne­hof kort wa­ter. Ma­ria moet die plant wa­ter gee. Die ding is be­sig om dood te gaan. Hoe­kom ver­sorg Ma­ria nie die ar­me ding nie?

Sy moet ook iets drink. Sy is dors. Sy ont­hou haar tee en ska­kel weer die ke­tel aan. Sy tuur weer by die ven­ster uit. Sy het nog al­tyd ge­dink Gab­by is net s­kaam. Dié dat sy nie seuns­vrien­de of la­ter mans­vrien­de huis toe ge­bring het nie. Al­tyd ho­pe vrien­din­ne. Sy het nooit iets daar­in ge­lees nie. Sy ont­hou haar ma­triek­af­skeid en hoe sy Gab­by feit­lik moes om­koop om te gaan. Ge­sê hul­le maak te veel van die af­fê­re.

Is dit iets wat sy ver­keerd ge­doen het? Waar het sy as ma mis­luk? Wat gaan Ben sê? Ag, He­re, hy sal dit nie oor­leef nie. Hoe gaan sy hom ver­tel? Hoe gaan sy die fa­mi­lie ver­tel? Hul vrien­de. Hoe han­teer sy an­der se oor­deel?

Ger­da hou Ben se ge­sig dop ter­wyl hy Gab­by se e-pos lees. Sy sien die glim­lag wat op sy ge­sig ver­skyn. “Ben?” “Ja, vrou?” “Het jy mooi ge­lees wat Gab­by sê? Ver­staan jy wat sy vir ons pro­beer sê?”

“Ek ver­staan dit al ja­re lank, vrou. Ek het net ge­won­der wan­neer sy dit self gaan er­ken. Ge­wag dat jy iets sal sê. Jul­le was al­bei dood­stil. Tot nou.” “Is jy nie ont­steld nie?” “Nee, ek is nie. Sy is my kind en ek is lief vir haar. Die He­re het haar so vir ons ge­gee.” “Hoe kan jy so sê?” vra Ger­da hees. “Want dit is hoe dit is. Dink jy sy het dit ge­kies?”

Ger­da is ’n oom­blik lank stil. “Ek weet nie,” sê sy ver­slae.

Ben trek haar na­der. “Vrou, luis­ter vir my. Nie ek of jy of Gab­by het iets ver­keerds ge­doen nie. Ons was nog al­tyd ’n

Hoe jy uit­ge­sien het na jou eer­ste klein­kind . . . Al­les dro­me. Ver­lo­re dro­me

nor­ma­le ge­sin wat nor­ma­le goed in die le­we ge­doen het. Ons was nog al­tyd lief vir Gab­by en het nooit ge­skroom om dit vir haar te wys nie. Stuur mô­re vir haar ’n e-pos te­rug en laat weet haar dat sy en Al­len wel­kom is. Ons gaan Kers­fees hou met ons kind on­der ons eie dak.”

“Ou­kei.” Ger­da trek haar kus­sing na­der en ska­kel haar bed­lig­gie af. Sy lê lank son­der dat die slaap kom.

DIE vol­gen­de og­gend vroeg trek Ger­da haar re­ke­naar na­der en be­ant­woord Gab­by se e-pos. Kort en saak­lik laat weet sy Gab­by en Al­len is wel­kom en dat hul­le uit­sien na die kui­er. Niks meer nie.

Sy weet nie wat om vir Gab­by te sê nie. Hoe sê jy vir jou kind jy het ge­droom van haar troue? Hoe jy met al­les sou help. Jul­le saam haar rok sou gaan kies. Saam die ta­fel­ver­sie­rings sou doen en ’n gas­te­lys sou op­stel. Hoe jy uit­ge­sien het na jou eer­ste klein­kind. Al­les dro­me . . . ver­lo­re dro­me. Na­dat sy die e-pos ge­stuur het, klap sy die re­ke­naar toe. Son­der om dit te be­sef rol die tra­ne oor haar wan­ge. Hoe­kom Gab­by? Hoe­kom haar kind?

BEN en Ger­da wag op die O.R. Tam­bo In­ter­na­si­o­na­le Lug­ha­we. Ger­da se kof­fie is ys­koud. Sy hou die glas­deur by die aan­koms­saal ge­span­ne dop. Sy weet nie wat om te ver­wag nie. Sy weet nie hoe om teen­oor Gab­by op te tree nie. Gaan sy heel­tyd moet voor­gee?

Ein­de­lik sien sy Gab­by raak. Die knop in haar keel wil haar ver­smoor. Dan sien sy die an­der vrou . . . Al­len . . . die vrou in Gab­by se le­we. Sy weet sy moet haar­self reg­ruk. Ben storm vo­ren­toe en draai Gab­by in die rond­te. Sy stap ook na­der. Dis Al­len wat haar na­der trek.

“Hal­lo, tan­nie, ek is Al­len. Gab­by het al so baie van tan­nie ver­tel.”

Sy sien die warm­te en op­regt­heid in die kind se oë. “Hal­lo, Al­len. Wel­kom in SuidA­fri­ka. Wel­kom by ons.” “Dan­kie, tan­nie.” Gab­by staan ook na­der. Sy gryp Ger­da om haar nek. “Hal­lo, my lief­ste Moe­kie.” Ger­da ont­hou die troe­tel­woord­jie. “Hal­lo, my kind.” Sy hou haar kind vas. S­tyf. Sy wil haar nie laat gaan nie. Sy wil nie die Gab­by wat sy ken en ont­hou, laat gaan nie. Maar hoe sê sy dit son­der om haar seer te maak? Son­der om Al­len seer te maak? Sy lyk op die oog af na ’n lie­we kind. Soos een van Gab­by se baie vrien­din­ne wat al­tyd kom kui­er het. Maar sy weet hier­die keer is dit an­ders. Dit is vir al­tyd an­ders.

“Ek be­sef nou eers hoe erg ek na mam­ma ver­lang het.” “Be­slis nie so baie soos ek nie.” Tus­sen die ge­sels en op­vang in die mo­tor deur hoor Ger­da die be­ken­de lied op die ag­ter­grond speel.

Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar, die krip en Ma­ria, met die kind­jie by haar. Dis as­of die en­gel die bood­skap nog bring, van Je­sus se vre­de wat har­te laat sing.

Wat­ter vre­de, He­re? My hart klop in my keel en ek is bang, dink sy. “Ma, sê tog ma het melk­tert ge­bak?” “Hoe dan an­ders. Dit is jou guns­te­ling,” sê Ger­da ge­maak vro­lik.

“Wel, ek kan nie wag om te proe nie. Gab­by ver­tel al die af­ge­lo­pe jaar vir my nie­mand kan melk­tert bak soos tan­nie nie.”

Ben neem haar hand en gee dit ’n sag­te druk­kie. Kan hy sien sy kry swaar? Hoe­kom is hy so ou­kei met al­les? Het hy nie an­der dro­me vir Gab­by nie? Wou hy haar nie in die paad­jie af neem en haar aan haar toe­koms­ti­ge man af­gee nie? Soms saam met sy skoon­seun rug­by kyk of net ’n bier gaan drink nie?

By die huis wys Ger­da die kin­ders waar hul­le hul ba­ga­sie kan neer­sit en ver­skoon haar­self. Sy wil gaan kyk of Ma­ria klaar is met die slaai en die koue vlei­se. Maar eint­lik wil sy net gaan a­sem­skep. Sy gaan sit op haar bed en pre­wel sag­gies: “He­re, help! Ek weet nie hoe nie.”

Kers­dag is al­mal vroeg op. Hul­le het nie ou­der­ge­woon­te Ou­kers­aand ge­sken­ke oop­ge­maak nie. Gab­by het ge­vra of hul­le dit van­jaar ná hul Ker­s­e­te kan doen. Ger­da het ook nie an­der fa­mi­lie ge­nooi nie. Sy het die ver­sko­ning ge­bruik dat sy dié Kers­fees haar kind net vir haar­self wil hê. Gab­by en Al­len en Ben het vroeg die vuur aan­ge­steek en die kin­ders het haar met die by­kos­se ge­help.

Gab­by is nou meer van ’n raak­vat­ter as toe sy in die huis was, glo van­weë Al­len se aan­moe­di­ging.

Ná mid­dag­e­te is al­mal in ’n ge­moe­de­li­ke bui. On­der die Kers­boom is baie ge­sken­ke. Am­per as­of elk­een wil ver­goed vir die an­der een se seer.

Dit is toe Ger­da vir al­mal kof­fie skink dat Gab­by keel skoon­maak. “Ek moet jul­le iets ver­tel.” Sy vat Al­len, wat langs haar op die bank sit, se hand.

Ger­da sit die kop­pies neer en gaan sit op die an­der bank langs Ben. As­se­blief, He­re, bid sy in stil­te.

“Ek en Al­len het be­sluit om te­rug te kom. Te­rug Suid-A­fri­ka toe. Ons wil na­by jul­le wees.” “Ag, dis won­der­lik!” juig sy en Ben. “Nog iets.” Gab­by kyk Ger­da in die oë. ’n Glim­lag kom oor haar lip­pe. “Ek is swan­ger.” “Gaan ek ou­ma word? Maar hoe?” “Ai, Moe­kie. Ons leef in die 21ste eeu.”

GER­DA swaai klein Ga­briel­la op die skop­pel­maai ag­ter in die tuin.

“Waar is Moeks?” hoor sy Al­len vra.

“By die boom!” “En hoe het dit van­dag hier ge­gaan? Wat het jul­le twee­tjies al­les aan­ge­vang?”

Klein Ga­briel­la gryp Al­len om die nek. “Ou­mie het vir my sto­ries ver­tel en ons het draai­room­ys ge­ëet. En ons het fo­to’s van my an­der mam­ma ge­kyk.”

Al­len sit haar arm om Ger­da en stap saam kom­buis toe. “Hoe gaan dit met ma?” “Goed. Par­ty dae vang die ver­lan­ge my mos meer as an­der dae.” “Waar is pa?” “By die graf. Hy wou gaan skoon­maak. Bos­sies uit­trek en so.”

“Ma be­doel sy pra­te gaan praat.”

Hul le hoor hoe klein Ga­briel­la roep. “Mam­ma, kom kyk, ou­ma het melk­tert ge­bak!”

Ger­da glim­lag vir Al­len. “Sy bly da­rem maar ’n pop; Gab­by sou haar so baie ge­niet het.” “Ek weet.” Ga­briel­la staan by die deur. “Kom nou. Ou­pa is ook te­rug.”

“Nou toe, jou klein woel­wa­ter, waar is die melk­tert?”

“In die kom­buis. Ou­ma sê mam­ma het baie daar­van ge­hou. Dis my guns­te­ling ook!”

Ger­da sluk aan die knop in haar keel en kyk na die men­se om haar.

Sy het haar dog­ter ver­loor, maar ’n skoon­dog­ter en ’n klein­kind ge­wen. Hul­le eet melk­tert . . . en hou Kers­fees in Suid-A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.