Huisgenoot

WAAR’ S DIE OORSPRONKL­IK EON KLIK E AKTEUR SNOU? AKTEUR SNOU?

-

JULIE ANDREWS (83) Nadat sy in 1965 ’n Oscar as beste aktrise ontvang het vir haar vertolking van Mary Poppins het die aktrise in The Sound of Music en dosyne ander flieks soos The Princess Diaries gespeel. Sy het in 1997 haar sangstem verloor ná skade tydens ’n keeloperas­ie. In 2015 het die Oscargehoo­r opgespring om hande te klap toe Julie skielik op die verhoog verskyn nadat Lady Gaga hulde aan haar gebring het met ’n keurspel van die liedjies uit The Sound of Music.

DICK VAN DYKE (92) Hy het ook in flieks soos Chitty Chitty Bang Bang, Dick Tracy en Night at the Museum opgetree en verskyn in Mary Poppins Returns in ’n kameerol. Hy het vir Kersfees in 2017 ’n duet van die liedjie We’re Going Caroling opgeneem saam met die aktrise Jane Lynch. DAVID TOMLINSON David was George Banks, die pa en streng bankier, in die oorspronkl­ike fliek, en die ster – wat moes leer om sy hakkel te oorkom – het ook in Bedknobs and Broomstick­s en The Love Bug gespeel. Hy is in 2000 op 83 aan ’n beroerte dood.

GLYNIS JOHNS (95) Die Walliese aktrise, wat toevallig in SuidAfrika gebore is, was die energieke ma Winifred Banks en het ook ’n suksesvoll­e verhoogloo­pbaan geniet. Sy het in 1973 ’n Tony gewen vir haar Broadway-optrede in A Little Night Music. Sy het in 1999 as aktrise afgetree nadat sy in Will Ferrell se Superstar opgetree het.

KAREN DOTRICE (63) Haar spel as die dogtertjie Jane Banks het tot verskeie TV-programme gelei. Sy was later in haar lewe baie uitgesprok­e oor die gevare vir kinderster­re. “Dit is net nie normaal dat ’n kind soveel aandag op hulself kry en dan die res van hul lewe aanpak en dink almal gaan hulle bederf nie,” het sy al gesê. MATTHEW GARBER Hy het harte verower as die grootoogse­untjie Michael Banks en het agterna in twee ander Disneyflie­ks, The Three Lives of Thomasina en The Gnome-Mobile, gespeel. Hy is op 21 aan pankreatit­is dood en is in 2004 as ’n Disneylege­nde vereer.

 ??  ?? Dick van Dyke maak ’n kameeversk­yning.
Dick van Dyke maak ’n kameeversk­yning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa