Huisgenoot

MARS: KITSFEITE

-

Die Rooi Planeet is bra onherbergs­aam, maar tans die beste opsie vir moontlike toekomstig­e ruimtekolo­nies binne bereik van die aarde.

Grootte: Omtrent die helfte (6 792 km in deursnee) so groot soos die aarde (12 756 km).

Atmosfeer: Die aarde se atmosfeer (78% stikstof, 21% suurstof) is meer as 100 keer so dig as dié van Mars, wat uit sowat 96% koolstofdi­oksied bestaan. Temperatuu­r: Minus 140 ºC tot 30 ºC; gemiddeld minus 63 ºC (vergeleke met die aarde se minus 88 ºC tot 58 ºC en ’n gemiddelde 14 ºC). Marsjaar: Gelykstaan­de aan 687 aarddae.

Swaartekra­g en gewig: Jy sal op Mars 62,5% minder swaartekra­g ervaar as op die aarde. Maal jou gewig met 0,38 om uit te werk hoeveel jy op Mars sal weeg. As jy byvoorbeel­d 68 kg weeg, sal jy daar net sowat 26 kg weeg.

Hoogste berg: Mars is die tuiste van die hoogste berg en diepste canyonstel­sel in ons sonnestels­el. Die enorme skildvulka­an Olympus Mons is meer as 22 km hoog (2½ keer die hoogte van die berg Everest) en die Valles Marineris is tot 7 km diep (vergeleke met die Grand Canyon se 1,6 km).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa