Huisgenoot

Michael B. Jordan

-

Saamgestel deur

KIM ABRAHAMS LEER BY ROCKY

Michael B. Jordan klim terug in die bokskryt as Adonis Creed, seun van die bokskampio­en Apollo Creed. Rocky Balboa (Sylvester Stallone), sy pa se grootste mededinger, sit weer hand by om hom gevegfiks te kry. Die 31jarige akteur was nog nie eens gebore toe die eerste Rockyfliek in 1976 uitgereik is nie.

“Ek het dit seker die eerste keer op hoërskool gesien; dit het my beslis geïnspiree­r,” sê hy van die rolprentfr­anchise waarvoor Stallone die bekendste is. “Dit is wonderlik om saam met Sly te werk,” sê hy. “Hy ken Rocky beter as enigiemand anders omdat hy hom byna 40 jaar gelede geskep het. Hoe meer ons geskiet het, hoe hegter het ons band geraak.”

SPIERTIER

Hy het ’n jaar lank voorberei om fiks te wees vir die eerste Creedfliek van 2015. Dit was dié keer nog moeiliker, sê Michael. In die drie jaar sedert Creed het hy Black Panther en Fahrenheit 451 geskiet – en elkeen het verskillen­de oefening geverg. “Vir Black Panther wou ek massief wees, maar nie soseer soos ’n bokser nie,” sê hy oor sy rol as Erik Killmonger in dié Marvelsupe­rheldfliek. “Ek wou ’n soldaat wees. Vir Fahrenheit 451 moes ek 7 kg afskud en net daarna moes ek gewig aansit vir Creed II. Op 31 is dit anders as op 26 en 27 – nie onmoontlik nie, maar moeilik. My dieet was ook strenger.”

WAT’S IN ’N NAAM?

Hy is nie verwant aan of genoem na die Amerikaans­e basketbals­ter Michael Jordan nie. Om dié sportlegen­de se naam te hê kan “ietwat irriterend” wees, bieg hy, soos die keer toe hy pizza oor die foon probeer bestel het en die restaurant gedink het dis ’n poetsoproe­p. Die akteur is eintlik genoem na sy pa, Michael A. Jordan. Die B staan vir Bakari, wat Swahili is vir “van adellike belofte”.

AFSPRAAKDI­LEMMA

Hy’s ’n losloper, sê die akteur, en stel nie nou in ’n verhouding belang nie omdat dit moeilik is wanneer jy beroemd is. “Hoe leer ken jy iemand wat jy pas ont- moet het op ’n nor- male manier en n besluit of julle gaan n kliek of nie?”

Vir eers fokus hy op sy loopbaan. “Ek sê nie daar r is nie opsies nie. Maar wat die nuanse van verhouding­s betref, is dit net nie dieselfde nie. Ek gaan net aanhou om aan myself te probeer werk en om dié sakeryk te bou.”

DIEPER BETEKENIS

Sy doel as akteur is om mense bewuster te maak van raskwessie­s sonder om kykers te ongemaklik te laat voel. “Ons leef in ’n tyd waarin als rondom ras wentel,” sê Michael. “En ek verstaan dit. Dit maak als net so gelaai. Ek is in die eerste plek ’n swart man, vir seker, maar wat ek probeer doen en probeer verteenwoo­rdig en bou, is universeel.” BRONNE: PHILLYMAG.COM, BET.COM, TELEGRAPH. CO.UK, ETONLINE.COM, USELESSDAI­LY.COM

 ??  ??
 ??  ?? BO: Michael B. Jordan (middel) as Adonis Creed saam met sy medesterre Sylvester Stallone as Rocky Balboa (links) en Tessa Thompson as Bianca in Creed II. ONDER: Die akteur moes baie hard oefen om fiks te word vir dié rol.
BO: Michael B. Jordan (middel) as Adonis Creed saam met sy medesterre Sylvester Stallone as Rocky Balboa (links) en Tessa Thompson as Bianca in Creed II. ONDER: Die akteur moes baie hard oefen om fiks te word vir dié rol.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa