Huisgenoot

Twee DDSplantho­uerprojekt­e waarmee kinders kan help

Hou die kinders dié vakansie besig en laat hulle jou met dié twee lekker doen-dit-self-projekte help. Dis natuurlik ook oulike Kersgesken­ke

-

JY BENODIG

Potlood, liniaal, harde karton, skêr, modelleerk­lei, bakpapier, glasbottel, nutsmes, skuurpapie­r en sterk lym

STAP 1

Teken ’n vierkant vir ’n huisie en ’n driehoek vir die dak op die karton. Teken ’n reghoek wat dieselfde hoogte as die kant van die huis is om ’n muur te skep. Teken ’n reghoek wat dieselfde breedte as die muur is en 1,5 cm korter as die lengte van die huis om ’n vloerstuk te skep. Knip dit uit en gebruik as stensils (stap 3).

STAP 2

Knie die klei tot dit sag is en rol dit in ’n balletjie. Plaas dit op bakpapier en rol dit met ’n glasbottel plat tot dit 7 mm dik is.

STAP 3

Plaas die stensils op die klei en sny dit uit. Herhaal om twee huisvorms, twee mure en een vloer te skep. Laat dit droog word volgens die aanwysings op die verpakking.

STAP 4

Skuur die rande wanneer dit droog is om te verseker dat dit reguit en glad is.

STAP 5

Gom ’n muur aan die binnekant van die twee huisvorms vas. Hou vas tot dit droog is.

STAP 6

Gom die vloer en dan die ander muur vas en laat dit droog word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa