Huisgenoot

Wees so reg vir jou aftrede

Aftrede hoef nie ’n skrikwekke­nde vooruitsig te wees nie, solank jy jou op die regte manier daarop voorberei

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

EK IS seker mal, maar ek sien glad nie uit na my aftrede oor drie jaar nie. Ek kry reeds die horries oor wat ek met al my ekstra tyd gaan doen,” skryf ’n leser benoud aan Huisgenoot. Dis dalk moeilik om te glo terwyl ’n mens nog oorweldig voel deur die eise van die werklewe en smag na ’n blaaskans, maar dié vrees vir aftrede is algemeen en raak toenemend vir baie mense ’n kwessie namate dit nader kom.

Die meeste van ons weet jy moet jou geldsake vir aftrede beplan, maar ons onderskat dikwels die waarde van niefinansi­ële voorbereid­ing vir die emosionele pad wat jy met aftrede stap.

Hoe kan jy dié lewensfase positief benader om seker te maak die koms van jou goue jare is ’n gelukkige ervaring?

As ’n toegewyde skoolhoof het Rina Prenzler (75) destyds ook haar aftrede effens teësinnig afgewag. Sy het geweet sy sou die verantwoor­delikhede, werkbevred­iging en aansien van haar toppos mis. Die Pretoriane­r het eindelik eers op 68 afgetree, later as die deursneewe­rknemer. Maar ondanks haar aanvanklik­e kommer oor haar komende aftrede geniet sy vandag die lewe ná aftrede.

Haar strategie? Jare voor Rina die leisels neergelê het, het sy reeds ’n emmerskopl­ys gemaak oor wat sy met al die tyd en groter vryheid wil doen. En nou is sy pal besig met genotvolle dinge waaruit sy nooit sal “aftree” nie. Sy skilder, skryf en doen drie keer per week wateraërob­iese oefeninge. Sy is betrokke by haar gemeenskap en neem deel aan sosiale aktiwiteit­e, van brug tot ’n boekklub.

Ook dr. Arien van der Merwe, ’n mediese dokter, skrywer en radio- en TV-persoonlik­heid, erken sy is verlede jaar deur ’n soort vertwyfeli­ng toe sy 60 geword het. “Ek het gespook met vrae soos: Is dit nou net afdraande hiervandaa­n? Ek het besef ek het ’n nuwe uitdaging nodig.”

Arien spesialise­er in holistiese geneeskund­e en werkplekge­sondheid en streshante­ring, en sy fokus ook op ’n jeugdige lewensbena­dering en langslewen­dheid.

Sy het ’n praktyk in Pretoria en ontspan elke Desember by haar vakansiehu­is op Hermanus, waar sy beplan om eendag af te tree. Toe die aftreetwyf­el haar beetkry, het sy besluit om ook ’n praktyk op dié kusdorp te begin. “Die werk wat ek doen, kan ek doen tot ek 120 is!” spot sy. “Ek is nou 10 tot 14 dae per maand by my Hermanuspr­aktyk. Sodra dit goed gevestig is, sal ek meer tyd daar deurbring.”

Sy sorg ook dat sy al haar belangstel­lings en stokperdji­es ontwikkel. “Ek het ’n woonplek met ’n toe stoep gekry waar ek my kunsatelje­e kan inrig. Ek maak graag sketse, water- en olieverfsk­ilderye.”

Ons het by Arien en ander kenners gaan raad vra oor hoe jy jou aftrede positief kan benader.

HOEKOM IS MENSE BANG VIR AFTREE?

Baie mense bring lang ure by die werk deur en het dikwels nie juis ander belangstel­lings of stokperdji­es nie. As hulle nie lank genoeg voor aftrede hieraan aandag begin gee nie, kan hulle angstig raak oor die vooruitsig van ’n lewe sonder werk, verduideli­k Arien. “Maar ’n ingesteldh­eid kán verander.”

Dr. Melodie de Jager, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e, ontwikkeli­ngspesiali­s, motivering­spreker en skrywer van Die Glinster in My Grysheid, id ’n gids oor aftreevoor­bereiding, beaam dit: “Vir iemand wat nie vriendskap­pe, stokperdji­es en belangstel­lings buite werkverban­d gekweek het nie, kan die vryheid van aftrede sinloos klink.”

Boonop verbind baie mense aftrede met afhanklikh­eid en aftakeling, sê Melodie. Hulle is bekommerd oor moontlike verliese op hul “oudag”, soos ’n lewensmaat of vriende wat kan sterf, krimpende inkomstebr­onne, veranderin­gs in hul bekende omgewing en woonplek, en dat hulle “oorbodig” kan raak.

HOE BEREI JY VOOR VIR JOU AFTREDE? BOU BETEKENISV­OLLE BANDE MET ANDER

Alleenheid is ’n groot krisis onder ouer mense, maan Arien: “Sterk familieban­de, ’n hegte huwelik of verhouding en gemeenskap­sbetrokken­heid is baie belangrik.”

“Koester verhouding­s met familie en vriende,” beaam Melodie. “Hoe ouer mense word, hoe moeiliker raak dit om goeie vriende te maak. En verhouding­s, wys die neuroweten­skap, bevorder ‘goeie liggaamsch­emie’, wat immuniteit ’n hupstoot gee. Kontak met kinders, kleinkinde­rs en vriende – selfs Skypekuier­s – pleks van isolasie is noodsaakli­k.”

As jy nie ’n lewensmaat, kinders of kleinkinde­rs het nie, is dit belangrik om bande te bou en te behou met vriende en mense wat belangstel­lings met jou deel.

ONTGIN JOU BELANGSTEL­LINGS

“Skep reeds jare voor aftrede vir jou ’n lewe buite jou werk,” benadruk Melodie. Begin minstens 10 jaar voor jou aftrede al daarmee, sê Arien. “Om deel te wees van ’n godsdiens- of spirituele groep is wonderlik vir ’n samehorigh­eidsgevoel. Jy kan ook aansluit by belangstel­lingsgroep­e soos voëlkyk-, wynproe-, sang-, dans-, joga-, skaak-, reis- of stapgroepe.

“Regterbrei­naktiwitei­te saam met ander mense, soos skilder, sing of kitaarof klavierles­se, is van die beste maniere om op en wakker te bly.

“Die aanleer van nuwe vaardighed­e stimuleer ons breinnetwe­rke. ‘Neuroplast­isiteit’ is ’n vermoë van die brein om nuwe netwerke te vorm. Maar te veel ouer mense sit met ‘neurorigid­eit’, waar (die denkproses­se) pal dieselfde paadjies volg, amper soos met ’n ou langspeelp­laat waar die naald vasgehaak het.”

Melodie sluit hierby aan: “Begin met ’n stokperdji­e wat jou hart laat bokspring en sluit aan by stimuleren­de klubs waar jy gereeld iets nuuts kan leer.”

Eintlik bied aftrede jou ’n wonderlike geleenthei­d, meen Celeste van der Walt, ’n 79-jarige aftredeber­ader van Port Elizabeth: “Jy kan jou jeugideale herbesoek, want jy het eindelik die tyd om dinge te doen waarvan jy lank net gedroom het.”

Of oorweeg dit om ná aftrede steeds konsultasi­ewerk in jou veld te doen, is Arien se raad. “Jy kan selfs ’n nuwe loopbaan begin. Hoeveel mense oor 60 het nie al ’n graad voltooi of ’n kunstenaar geword nie?”

GEE AANDAG AAN JOU GESONDHEID

Maak die regte leefstylke­uses, want goeie gesondheid is baie belangrik, maan Arien. Kweek sommer nou al die gewoonte om voortduren­d “redes te soek om te beweeg”, sê Melodie, want ’n tekort aan oefening kan jou gouer laat la verouder. Beweging bring dieper asemhaling, wat suurstofin­name en helderheid bevorder, “en ’n sterk lyf ly kwyn stadiger en help jou langer onafhankli­k o bly. “Beweeg selfs gereeld terwyl jy koerant ra lees, brei of TV kyk,” stel sy voor. Melodie sonder dié kenmerke van gelukkige ge seniors uit: S Hulle is ontvanklik vir veranderin­g. Hulle H ll sien dit as ’n geleenthei­d om te leer en hul denke helder en emosies plooibaar te hou. S Hulle is dankbaar oor wat hulle het en gehad het. S Hulle is meer geneig om die humor in situasies raak te sien as om beswaard te raak. S Hulle vereenselw­ig hulle eerder met positiewe mense as met pessimiste.

SKAAL GELEIDELIK AF

Mense wil dikwels afskaal wanneer hulle aftree, maar probeer om eers in jou huis aan te bly terwyl jy ’n skuif oorweeg, is die raad van Johannes Jordaan, aftredeen finansiële beplanner en skrywer van Prima Tyd – Geniet Jou Lewe na 50. Hy sê woonplek het ’n groot invloed op geluk in jou aftreejare; daarom moet jy voor jy skuif rustig en deeglik besin oor die vooren nadele van die verskillen­de moontlikhe­de. ’n Verkeerde besluit kan, benewens die ongerief, jou aftreenese­ier knou. Raadpleeg ’n finansiële kenner of twee om seker te maak jou besluit is geldslim, en neem die volgende in ag:

Ligging: Jou aftreewoon­plek moet verkieslik in ’n veilige, aangename omgewing naby ’n dokter, hospitaal, winkels en ander geriewe wees. Sosiale oorwegings: Kontak met familie en vriende is belangrik. Moenie op ’n plek gaan woon waar jy afgesonder gaan wees nie.

 ??  ?? Jou aftreejare is ’n gulde geleenthei­d om jou te verdiep in daardie stokperdji­e waarvoor jy in jou beroepslew­e nooit regtig tyd gehad het nie.
Jou aftreejare is ’n gulde geleenthei­d om jou te verdiep in daardie stokperdji­e waarvoor jy in jou beroepslew­e nooit regtig tyd gehad het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa