Huisgenoot

Beperk die skade ná jou foon verdwyn

Selfoondie­we is in die feestyd besonder bedrywig. Hier is topraad oor hoe om die skade te beperk as jy ’n slagoffer is

- Deur KIRSTIN BUICK

DIS daardie tyd van die jaar wanneer vakansiega­ngers feesvier en rinkink, maar dis ook die tyd wanneer almal so op hul gemak is dat grypdiewe selfone sommer ongesiens uit broeksakke en handsakke laat verdwyn. As die ongeluk jou tref dat jou selfoon gesteel word, moenie dink jy kan die ontstellen­de en lastige sakie ignoreer tot jy in die nuwe jaar weer kans sien om jou sake uit te stryk nie. Dis immers nie net jou foon wat jy kwyt is nie – as jou selfoon in vreemdelin­ge se hande beland, kan hulle ook toegang kry tot jou kosbare en persoonlik­e foto’s en inligting. Hier’s raad oor wat om te doen as jou foon gegaps word, en ook oor hoe om voorsorg te tref ingeval dit jou tref.

DOEN DÍT EERSTE

Maak seker jy het jou foon nie net iewers laat rondlê nie

Meld aan by Find My iPhone of Find My Device op ’n rekenaar om seker te maak dit lê nie dalk net onder die bed of in die bagasiebak nie. Lees op die regterblad­sy hoe om dit te doen.

Verander jou wagwoorde

As jou foon gesteel is, verander die wagwoorde van die apps op jou foon deur dié dienste se webtuistes. Sekere apps soos Facebook, Instagram en Google sal jou op alle toestelle toelaat om af te meld. Meld aan op die webtuiste en gaan na Settings of Security.

“Dit is uiters belangrik dat jy nie dieselfde wagwoord vir al jou apps gebruik nie,” waarsku Charl Ueckermann, uitvoerend­e hoof van AVeS Cyber Security.

Bel jou diensversk­affer

Laat jou diensversk­affer jou simkaart blok. Dit kan ook gedoen word vir ’n Pay As You Go-simkaart. Vra ’n ITC-verwysings­nommer; jy sal dit nodig kry vir jou versekerin­gseis of die polisiesaa­k. Jy kan ook vra dat jou foon geswartlys word deur die foon se IMEI-nommer (reeksnomme­r) aan jou diensversk­affer en die polisie te gee. Dit is op die strepiesko­de van die verpakking waarin jou foon gekom het (of lees verder hoe om dit te kry).

Bel jou bank

Jou bank moet in kennis gestel word van jou gesteelde foon sodat hulle kan kyk of enige verdagte aanlyn transaksie­s plaasvind. Indien hulle so iets raaksien, moet jy dadelik jou bankkaarte kanselleer.

Gaan polisie toe

As jou foon verseker is, moet jy ’n saaknommer hê om ’n eis in te dien.

Laat weet mense

Laat weet jou vriende deur ’n massae-pos, twiet of Facebookpl­asing dat jou foon gesteel is; nie net sodat hulle kan weet hoe om jou in die hande te kry nie; ook sodat hulle nie deur datadiewe geteiken word nie.

“Die dief kan voorgee hulle is jy en jou inligting gebruik vir ’n phishing-aanval,” waarsku Gavin Hetheringt­on, kubersekur­iteitsbeam­pte by Magix Security.

Hulle kan boodskappe aan jou familie en vriende stuur en geld vra of, nog erger, vra dat hulle “jou” êrens ontmoet.

“Mense is desperaat,” sê hy. “Omkopery en afpersery kom nou algemeen voor.”

BESKERM JOU FOONDATA SO Vir ’n iPhone

Toe jy die eerste keer jou foon gebruik, het jy moontlik ’n iCloud-rekening opgestel en Find My iPhone geaktiveer.

Indien nie, gaan na Settings> [ jou naam boaan] > iCloud. Rol af na Find My iPhone en aktiveer dit. Nou sal jy jou Apple-ID kan gebruik om jou foon deur iCloud deur ’n rekenaar op te spoor.

As jy tweestapve­rifikasie (of die nuwer tweefaktor­verifikasi­e) gebruik, sal ’n kode na jou “trusted device”, waarskynli­k jou selfoonnom­mer, gestuur word. Jy moet dan die kode inpons om aan te meld Dis natuurlik ’n probleem as jou foon gesteel is.

Die goeie nuus is jy kan nog vertroude kontakte toevoeg in die geval waar die kode na jou foonnommer gestuur word en jy dit dus nie meer kry nie. (Dit word verderaan verduideli­k.)

Om jou foon op te spoor, moet jy op ’n rekenaar aanmeld by iCloud. Klik op Find My iPhone links onder. Aktiveer Lost Mode. Dit sal jou foon sluit, waar hy ook al is, en ’n boodskap sal op die skerm verskyn wat iets sê soos “This iPhone has been lost. Please call me”, met ’n ander kontaknomm­er van jou keuse.

Of jy kan al die data op jou foon uitwis. Klik op die beeld van die toestel wat jy wil uitwis en kies Erase. Klik daarop en vul die kode in wat na jou Trusted Device gestuur is (soos verderaan verduideli­k).

Doen dit as jy vir seker weet jou foon is gesteel. Maar as jy die data uitwis, sal jy nie meer jou foon se spoor kan volg nie en jy sal ook die data verloor wat in jou iCloud gebêre is.

Vir Android

Android se Find My Device word gewoonlik opgestel wanneer jy jou foon die eerste keer gebruik en op jou Googlereke­ning inteken.

Om seker te maak joune is aangeskake­l, gaan na die Settings-app en dan na Security & location. As jou foon nie dié opsie bied nie, gaan na Settings > Google > Find My Device, waar jy dalk gevra sal word om Find My Device uit die Google Play Store af te laai. Met dié app sal jy jou foon se spoor op ’n rekenaar kan vat deur android.com/find.

Jy moet op die Find My Device-kieslys in Settings seker maak Find My Device is aangeskake­l. Gaan nou terug na Settings > Security & location (as jy nie dié opsie het nie, soek Location in Settings) en maak seker Location is aangeskake­l.

Gaan na play.google.com/settings op ’n rekenaar en kyk of die boksie onder Visibility vir jou foon afgemerk is. Toets of dit werk deur na android.com/find te gaan.

As jou foon gesteel is, het jy twee opsies:

Secure Device, wat jou foon sal sluit en ’n boodskap van jou keuse op die skerm sal wys indien iemand dit opspoor.

Erase Device, wat al die data op jou foon sal uitwis. Jy sal dan nie sy spoor kan volg nie, maar ten minste sal die diewe nie toegang tot jou data verkry nie.

MOET EK DIE DIEF KONTAK?

As Find My Device jou op die spoor van jou foon plaas, sal jy dit dalk oorweeg om die dief te gaan konfrontee­r, maar moet dit nie doen nie, waarsku kenners. Selfs as nuwe foto’s op jou ander toestelle in jou Cloud begin wys en jy die gesig sien van die mens in wie se besit jou foon nou is of die “nuwe eienaar” se nommer joune op jou WhatsApp-blad vervang, moet jy nie die dief of nuwe eienaar kontak nie. Die dief kan jou probeer afpers as jy hom kontak. “Niks goeds kan uit die interaksie kom nie. Gaan polisie toe,” sê die kubermisda­adkenner Gavin Hetheringt­on.

DOEN DÍT VOOR JOU FOON DALK GESTEEL WORD!

As jy dit nog nie gedoen het nie, moet jy die volgende stappe doen:

Aktiveer Find My iPhone of Find My Device op jou foon. Laat jou foon outomaties sluit. Maak seker jou foon het ’n PIN, wagwoord of biometries­e sluitmegan­isme (soos ’n

vingerafdr­uk). ’n PIN met ses syfers of ’n wagwoord is die veiligste, maar wees gewaarsku: Kuberkrake­rs kan selfs dít ontsluit as jy jou simkaart nie dadelik laat blokkeer as jou foon gesteel

word nie. Kies ’n vertroude kontak. Aktiveer ’n geliefde se nommer as vertroude kontak: Vir iOS: Meld aan by appleid. apple.com > Security > Edit > Add a Trusted Phone Number en volg die stappe van daar af. Vir Android: Meld aan by myaccount. google. com > Sign- in & security > Account recovery options > Recovery phone or Recovery email. Skryf jou foon se IMEI-nommer neer. As jy nie jou foon se reeksnomme­r het nie, bel * # 06 # om dit te kry. Werk jou data gereeld op ’n ander

plek by ( back-up). Doen dit deur iCloud of Google Drive sodat wanneer jy jou gesteelde foon se data vanweë veiligheid­sredes moet uitwis jy rekords het van al jou foto’s, kontakte en lêers.

Vir iOS: Gaan na Settings > [ jou naam] > iCloud > iCloud Backup en skakel dit aan. Jy kan ook baie van jou lêers op Google Drive bêre.

Vir Android: Gaan na Settings > Google > Backup en maak seker Backup to Google Drive is aangeskake­l.

Tweestapve­rifikasie

Dié funksie bied nog ’n beskermend­e laag, gewoonlik deur ’n intekenkod­e na jou foon te stuur wanneer jy aanmeld.

Op Apple: Gaan na Settings > [ jou naam] > Password & Security > TwoFactor Authentica­tion.

Maak seker jy word nooit uitgesluit nie deur ’n ander toestel by te voeg of die nommer van ’n geliefde as ’n vertroude kontak by te voeg.

Op Android: Hou jou foon veilig deur jou Google-rekening te beveilig. Gaan na myaccount.google.com/security en meld aan.

Gaan na Password & sign- in method en kies 2-step Verificati­on. Rol af na Back-Up codes > Show codes, skryf die 10 kodes wat elk uit agt syfers bestaan neer en bêre dit op ’n veilige plek – nie op jou foon nie.

Die volgende keer dat jy aanmeld, sal jy ’n SMS ontvang met ’n kode wat jy moet intik voor jy by jou rekening kan inkom. As jy nie by jou foon kan inkom nie, sal jy een van jou Back-Up Codes kan gebruik om in te kom.

‘Omkopery en afpersery kom nou algemeen voor’

 ??  ?? As ’n dief jou foon steel, kan hy toegang tot jou waardevoll­e data verkry.
As ’n dief jou foon steel, kan hy toegang tot jou waardevoll­e data verkry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Deur Find My iPhone (NAASLINKS) op Apple-toestelle te gebruik en Find My Device (LINKS) op Android, sal jy jou selfoon van ver af kan opspoor en kan jy ook al jou data daarop uitwis.
Deur Find My iPhone (NAASLINKS) op Apple-toestelle te gebruik en Find My Device (LINKS) op Android, sal jy jou selfoon van ver af kan opspoor en kan jy ook al jou data daarop uitwis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa