Huisgenoot

DIE HELPENDE HAND

-

Die monarg wil graag die foute vermy wat destyds met wyle prinses Diana gemaak is. Elizabeth is toe daarvan beskuldig dat sy te veel druk op haar skoondogte­r plaas en haar kil behandel. Dit lyk asof sy nou baie moeite doen om haar skoonklein­dogters, Kate en Meghan, hul voete in die koninklike lewe te help vind.

Kyk mooi na Kate Kort ná haar en William se troue het Elizabeth vir Kate uitgesonde­r om haar na verskeie amptelike geleenthed­e te vergesel. “Sy het baie moeite met Kate gedoen en haar ontwikkeli­ng as hertogin met sorg bestuur,” het ’n bron toe gesê.

In ’n openbare verskyning in dié tyd by ’n universite­it in Leicester was dit “soos ’n teaterprod­uksie waar ’n uiters ervare regisseur nie wou hê die nuwe aktrise moet haar woorde vergeet nie”, het prof. Dominic Shellard, visekansel­ier van die universite­it, gesê.

“Die koningin wou hê dit moet ’n naatlose produksie wees.”

Mal oor Meghan Dit het gelyk asof die monarg alles uithaal om Meghan in die koninklike binnekring te verwelkom toe sy met Harry trou.

Die koningin voel Meghan “het meer hulp nodig om aan die lewe binne die koningsges­in gewoond te raak as die reeds beheerste Kate Middleton”, meen Richard Kay, ’n rubriekskr­ywer vir Daily Mail.

“Anders as Kate het sy nie ’n familie hier op wie sy kan steun nie,” voeg hy by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa