Huisgenoot

STYWEPAP-GNOCCHI MET KNOFFELKRU­IEBOTTER

-

Ons maak ’n Suid-Afrikaanse weergawe van gnocchi met stywepap. GENOEG VIR 4 MENSE AS MAALTYD OF 8 MENSE AS BYGEREG BEREIDING: 20 MIN. STAAN: 1 UUR GAARMAAK: 15 MIN. GNOCCHI 500 ml (2 k) warm mieliepap, berei volgens die aanwysings op die verpakking 125 ml (½ k) gerasperde beleë cheddarkaa­s KNOFFELKRU­IEBOTTER 50 g botter 6 knoffelhui­sies, fyngedruk ’n hand vol elk pietersiel­ie en basilie, fyngekap VIR VOORSIT 15 ml (1 e) olyfolie 250 g kersietama­ties vars basilie Bespuit ’n bakplaat goed met kossproei.

1 Gnocchi Meng die warm k – koppie(s) e – eetlepel(s) pap en die kaas goed. Druk die pap in die bakplaat. (Die pap moet minstens 3 cm dik wees.) Laat die pap heeltemal afkoel. 2 Keer die pap uit en sny in blokkies. 3 Knoffelkru­iebotter Smelt die botter in ’n groot kleefvrye pan en braai die knoffel tot geurig. Pak die papgnocchi in die pan en braai ’n paar minute. Draai om en sprinkel die kruie oor. Meng liggies deur en hou eenkant.

4 Vir voorsit Verhit die olie in ’n ander pan en braai die tamaties tot dit begin bars. Skep die papgnocchi in borde en versprei die tamaties bo-op. Rond af met die basilie en sit dadelik voor. t – teelepel(s)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa