CALAMARI-EN-GRONDBONESLAAI

Huisgenoot - - Kos -

Hoe­wel grond­bo­ne eint­lik ’n peul is, be­vat dit die­self­de voe­dings­waar­de as boom­neu­te. GE­NOEG VIR 3 MEN­SE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 5 MIN. SLAAISOUS 60 ml (¼ k) se­sam­saad 100 ml lig­te o­lyf­o­lie 60 ml (¼ k) vis­sous 30 ml (2 e) so­ja­sous 80 ml ( k) rys­a­syn sap en skil van 2 lem­me­tjies 45 ml (3 e) sui­ker ’n groot hand vol ge­kap­te kol­jan­der­bla­re SLAAI 400 g be­vro­re ba­ba­ca­la­ma­ri-ten­ta­kels 1 suur­le­moen, in sky­fies ge­sny sout o­lyf­o­lie mi­kro­kruie of ro­ket­bla­re vir bo-op sta­pel 60-100 g geroosterde on­ge­sou­te grond­bo­ne

1 Slaaisous Plaas die se­sam­saad en o­lyf­o­lie in ’n pan en ver­hit tot die se­sam­sa­de goud­bruin ver­kleur. Laat af­koel in die o­lie en ver­pulp in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot glad. 2 Meng met die res van die slaai­sous­be­stand­de­le.

3 Slaai Pak suur­le­moen­sky­fies op die boom van ’n sto­mer­bak en plaas die ten­ta­kels bo-op. Geur lig­gies met sout. S­toom so­wat 5 min. tot gaar en sag. Roer­braai vin­nig in ver­hit­te o­lyf­o­lie tot ef­fe bros. 4 Meng van die slaaisous deur die ten­ta­kels en pak op ’n bord. 5 Meng ook van die slaaisous deur die mi­kro­kruie of ro­ket­bla­re en sta­pel bo-op. 6 S­prin­kel die bo­ne oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.