GOUD IN DIE MOND

Heu­ning drup van heil­saam­heid, maar eet jy dalk ’n na­maak­sel vir soet­koek op?

Huisgenoot - - Raad - Deur LESEGO MAJA

Heu­ning is een van die kos­se wat die mees­te ver­vals word

WAN­NEER dit soos heu­ning lyk en die e­ti­ket so sê, kan jy tog se­ker­lik glo dis die wa­re Ja­kob, nie waar nie? On­ge­luk­kig nie. Heu­ning is wê­reld­wyd een van die kos­pro­duk­te wat die mees­te ver­vals word, te­sa­me met o­lyf­o­lie, par­me­saan­kaas, kof­fie en saf­fraan.

Daar is twee hoof­re­des daar­voor – dit is een van die duur­ste vorms van sui­ker wat be­staan, en dis mak­lik om met vloei­ba­re heu­ning te knoei en ’n goed­ko­per weer­ga­we te maak deur bloot die oor­spronk­li­ke pro­duk te ver­dun.

“Heu­ning word oor die al­ge­meen ver­dun deur een of twee stow­we by te voeg – óf riet­sui­ker óf mie­lie­stroop,” sê Mi­ke Mills, voor­sit­ter van die Suid-A­fri­kaan­se By­e­be­dryf­or­ga­ni­sa­sie. “Die sui­ker word ge­kook tot dit die vloei­baar­heid en kleur van heu­ning het, en dan word dit by die reg­te heu­ning ge­voeg om dit meer te maak,” sê hy.

Vol­gens Mi­ke is die e­nig­ste ak­ku­ra­te ma­nier om tus­sen eg­te en na­ge­maak­te heu­ning te on­der­skei om dit in ’n la­bo­ra­to­ri­um met die C4-sui­ker­toets te laat toets.

“Riet­sui­ker en ho­ë­fruk­to­se­mie­lie­stroop is al­bei ’n sa­me­stel­ling van wat C4-sui­kers ge­noem word, en die toets kan be­paal of daar ’n groot hoe­veel­heid C4-sui­kers in die heu­ning is. Die in­ter­na­si­o­na­le stan­daard vir heu­ning is dat die C4-sui­kers nie meer as 7% moet wees nie.”

Daar heers ’n de­bat oor die C4-toets, want par­ty plan­te het hoë C4-sui­ker­vlak­ke, sê Mi­ke, maar oor die al­ge­meen is die flo­ra van Suid-A­fri­ka on­der die in­ter­na­si­o­na­le stan­daard van 7%.

“As die toets by­voor­beeld toon die C4-sui­ker­vlak is 30%, is daar­die sui­kers by die pro­duk ge­voeg en is dit ver­dun,” ver­dui­de­lik hy.

Die pro­bleem is die C4-toets kan tans net in­ter­na­si­o­naal ge­doen word, want daar is geen la­bo­ra­to­ri­um in Suid-A­fri­ka wat daar­voor in­ge­rig is nie. Daar is plan­ne om sul­ke fa­si­li­tei­te te ves­tig, sê Mi­ke, maar dis nog in die be­gin­sta­di­um.

HOE AKKURAAT IS SELFDOENTOETSE?

Kom ons wees eer­lik – selfs al kon jy, is dit nie as­of jy el­ke keer wan­neer jy ’ n pot­jie heu­ning koop ’n bie­tjie daar­van gaan laat toets nie. As jy dit nie kan doen nie, en nie nood­wen­dig die e­ti­ket kan ver­trou nie, hoe kan jy vas­stel of die heu­ning wat jy koop eg is?

’n Vin­ni­ge soek­tog op die in­ter­net

le­wer ’n aan­tal selfdoentoetse op wat jy tuis kan doen. Daar’s die vlam­toets, waar jy ’n vuur­hout­jie se kop in die heu­ning doop en dit dan teen die bok­sie trek. As dit da­de­lik ont­vlam, is die heu­ning glo sui­wer, maar as daar­mee ge­lol is, sal die vuur­hout­jie dalk ’n ruk neem om te ont­vlam.

Die wa­ter­toets be­hels dat jy ’n drup­pel heu­ning in ’n glas wa­ter plaas. Die i­dee is dat sui­wer heu­ning, om­dat dit kle­we­rig en taam­lik vloei­traag is, aan die on­der­kant van die glas sal gaan lê en nie mak­lik op­los nie, ter­wyl ver­dun­de heu­ning vin­nig in die wa­ter op­los.

Daar is ook die vin­ger­toets. Jy plaas ’n drup­pel­tjie heu­ning aan jou vin­ger, en as dit uit­sprei, is dit nie sui­wer nie, want sui­wer heu­ning sal blyk­baar heel as ’n drup­pel aan jou vin­ger bly. Dit is soort­ge­lyk aan die brood­toets, wat be­hels dat sui­wer heu­ning op die brood bly wan­neer dit op ’n sny brood ge­smeer word, ter­wyl vals heu­ning sal in­trek.

Maar Mi­ke maak dié me­to­des as ou­vrou­sto­ries af en sê dit is nie be­trou­baar nie. “Dis vir ’n leek by­na on­moont­lik om te be­oor­deel of heu­ning sui­wer is, bloot om­dat dit so mak­lik is om dit te ver­vals.”

Jy moet na die vol­gen­de drie fak­to­re kyk, sê hy. In­dien dit nie heel­te­mal akkuraat is nie, is dit be­slis ’n ak­ku­ra­ter ma­nier as die voor­af­gaan­des om vas te stel of die heu­ning wat jy koop eg is of nie. “Kyk eer­stens hoe dik dit is. T­wee­dens, of dit ver­kor­rel of ver­sui­ker of nie. En der­dens, die smaak,” sê hy.

Eg­te heu­ning is ge­woon­lik dik­ker as die ver­dun­de weer­ga­we, al­le sui­wer heu­ning ver­sui­ker die een of ander tyd, en na ge­lang van waar die nek­tar ver­sa­mel is, proe dit ook meest­al ef­fens min­der soet as heu­ning wat met stroop ge­meng is.

“By­ge­sê, na­tuur­li­ke rou heu­ning kan vloei­baar­der wees en mak­lik vloei na ge­lang van die bron. Heu­ning wat ver­dun is, kan ook ver­kor­rel,” voeg hy by. “Wat smaak be­tref, kan die mees­te men­se ge­woon­lik proe wan­neer dit stroop is. Maar jy moet ’n heu­ning­fyn­proe­wer wees om met al­ge­he­le ak­ku­raat­heid te kan sê.”

Die bes­te ma­nier om te ver­se­ker jy koop nie ver­vals­te of ver­dun­de heu­ning nie? Koop by ’n plaas­li­ke by­e­boer of heu­ning­plaas.

ROU, GEPASTEURISEERD, ORGANIES – WAT IS DIE VER­SKIL?

Rou heu­ning (ook sui­wer ge­noem) is heu­ning wat nie ge­pas­teu­ri­seer is nie en so­doen­de al sy na­tuur­li­ke ei­en­skap­pe be­hou, soos dat dit an­ti­bak­te­ries kan wees en spys­ver­te­ring help be­vor­der. Dit kom reg­streeks uit die korf en word uit die heu­ning­koek ont­trek.

Ge­pas­teu­ri­seer­de heu­ning is ver­hit en ge­sif om bak­te­rieë soos dié wat bo­tu­lis­me ver­oor­saak dood te maak en het nie die voor­de­le van rou heu­ning nie.

Or­ga­nie­se heu­ning be­vat nie plaag­do­ders nie; net in­ter­na­si­o­naal ge­ser­ti­fi­seer­de by­e­boe­re kan daar­op aan­spraak maak dat hul heu­ning organies is, sê Mi­ke. Daar is geen by­e­hok in Suid-A­fri­ka wat as organies ge­ser­ti­fi­seer is nie, voeg hy by.

“Bye kan taam­lik ver vlieg om nek­tar te ver­sa­mel, en as daar by­voor­beeld ge­was­se of ’n vrug­te­plan­ta­sie bin­ne twee of drie ki­lo­me­ter van die korf af is en die bye vlieg daar­heen om die nek­tar te ver­sa­mel en keer dan te­rug en sit dit in die heu­ning, kan jy nie se­ker wees daar’s geen plaag­do­ders in die heu­ning nie. Dus is daar in­ter­na­si­o­na­le toet­se vir or­ga­nie­se plek­ke,” sê Mi­ke.

Zam­bië is een van die lan­de wat se­ke­re a­re­as het wat tot or­ga­nie­se plek­ke ver­klaar is. Dit word moont­lik ge­maak deur groot ge­bie­de woud sonder land­bou­ge­was­se in die om­ge­wing waar­heen bye kan vlieg.

DIE GESONDHEIDSVOORDELE VAN HEU­NING

Dié na­tuur­li­ke ver­soe­ter be­vat fruk­to­se, dek­stro­se en su­kro­se, as­ook ’n bie­tjie a­mi­no­su­re en an­ti­ok­si­dan­te. Heu­ning het an­ti­bak­te­rie­se ken­mer­ke en kan help om in­fek­sie te be­veg; daar­om be­vor­der dit die ge­ne­sing van won­de en word dit as ’n tuis­raat vir brand­won­de aan­be­veel – dis nie om die brand­wond self te be­han­del nie, maar eer­der om in­fek­sie te help voor­kom.

Dit word ook as ’n tuis­raat vir hoes ge­bruik. Vol­gens die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van ge­sond­heid is ’n 2,5 ml-do­sis heu­ning voor slaap­tyd doel­tref­fen­der vir die ver­lig­ting van ’n ge­hoes weens boon­ste lug­we­gin­fek­sies as se­ke­re me­di­sy­nes wat hoes on­der­druk.

Die eet van heu­ning kan ver­moe­de­lik al­ler­gie­simp­to­me help ver­lig deur as ’n in­en­ting teen plaas­li­ke al­ler­ge­ne te dien. As jy ge­reeld heu­ning eet wat naby jou huis ge­oes is, in die be­son­der net voor die blom­sei­soen, kan dit die loop­neus en rooi, jeu­ken­de, tra­ne­ri­ge oë ver­lig wat met sei­soe­na­le al­ler­gieë ver­bind word.

Heu­ning ver­kwik ook glo die vel en ver­traag die vor­ming van plooie. Jy kan dit as ’n ge­sig­mas­ker ge­bruik.

Heu­ning kan die simp­to­me van al­ler­gieë help ver­lig

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.