Huisgenoot

DIE OLIFANT

Die grootvoet is die grootste en een van die slimste landdiere

-

HOEWEL olifante dalk dieselfde lyk, word hulle in twee hoofgroepe verdeel: Afrika- en Asiatiese olifante. Die Afrikaolif­ant is groter as die Asiatiese olifant en het groter ore en meer hare aan sy lyf.

Olifante is sagmoedige reuse en baie emosionele wesens. Hulle rou selfs oor hul dooies en trompetter wanneer hulle ontsteld is.

Die olifant is een van die Groot Vyf saam met die renoster, luiperd, buffel en leeu, waaroor ons jou verlede week geleer het. Oor die volgende drie weke leer ons jou meer oor die ander drie.

 ??  ?? KALWERS ’n Olifantkoe­i is tot 22 maande dragtig en skenk die lewe aan ’n kalf wat meer as 100 kg weeg. REUKSIN Die diere het ’n goeie reuksin en kan waterbronn­e sowat 19 km ver bespeur. Hul reuksin is vier keer so sensitief soos dié van ’n bloedhond. BREIN ’n Olifant se brein weeg tot 6 kg en is vier keer so swaar soos ons s’n. Olifante is intelligen­t – hulle kan tussen mense se stemme onderskei en probleme oplos. OË ’n Olifant het lang wimpers om te keer dat stof en sand sy oë irriteer. By party olifante ontwikkel ’n ring om die irisse (die gekleurde deel van die oog) namate hulle ouer word. Die slurp het twee neusgate. Die slurp bestaan uit duisende spiere.
KALWERS ’n Olifantkoe­i is tot 22 maande dragtig en skenk die lewe aan ’n kalf wat meer as 100 kg weeg. REUKSIN Die diere het ’n goeie reuksin en kan waterbronn­e sowat 19 km ver bespeur. Hul reuksin is vier keer so sensitief soos dié van ’n bloedhond. BREIN ’n Olifant se brein weeg tot 6 kg en is vier keer so swaar soos ons s’n. Olifante is intelligen­t – hulle kan tussen mense se stemme onderskei en probleme oplos. OË ’n Olifant het lang wimpers om te keer dat stof en sand sy oë irriteer. By party olifante ontwikkel ’n ring om die irisse (die gekleurde deel van die oog) namate hulle ouer word. Die slurp het twee neusgate. Die slurp bestaan uit duisende spiere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa