Huisgenoot

Babano.4virKimye

-

DIE tyd het weer aangebreek om na unieke babaname te soek– Kanye West en Kim Kardashian se vierde kind is op pad! “Die surrogaat is al ver swanger,” beweer iemand in die binnekring. “Kim en Kanye weet al ’n rukkie en is baie opgewonde. Hulle het een manlike embrio oorgehad en is in die wolke dat dit uitgewerk het.”

Kim het al vantevore gesê al wil Kanye (41) graag sewe kinders hê, wil sy by vier halt roep. “Ek dink nie ek sou meer as dit kon hanteer nie,” het sy teenoor E! News gebieg.

Luidens berigte gebruik die paartjie ’n ander surrogaat as vir hul dogter Chicago (wat op 15 Januarie 2018 gebore is) omdat die vrou op Oukersaand haar eie baba in die lewe gebring het. Die nuwe kleinding, ’n seuntjie, word in Mei verwag.

Hoewel haar eerste twee swangerska­ppe tot gesonde babas gelei het – North (5) en Saint (3) – het Kim gesukkel met gesondheid­sprobleme soos preeklamps­ie (wat hoë bloeddruk veroorsaak) en placenta accreta (waar die plasenta te diep in die uterusweef­sel groei).

Kim (38) erken sy was aanvanklik besorg oor die surrogaatp­roses met Chicago, maar was toe verras met hoeveel sy dit geniet het.

“Die beheer is moeilik aan die begin. As jy dit eers laat vaar, is dit die beste ervaring. Ek sal surrogaats­kap aan enigeen aanbeveel. Ek moet erken toe dit by borsvoedin­g kom, het ek gesê: ‘Oukei, dit is die beste besluit wat ek al ooit gemaak het.’ Dit het alles verander om dit nie elke paar uur te doen nie. Ek kan soveel tyd saam met die ouer kinders deurbring en hulle aan die baba gewoond maak.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa