DROOMDAG NÁ LANG WAG

As­of hy nie lank ge­noeg vir ‘Die Een’ ge­wag het nie, moes David Rees op sy groot dag nóg wag – toe neem hy ’n on­ge­wo­ne stap . . .

Huisgenoot - - Nuus - Deur CY­RIL BLACK­BURN Fo­to’s: FANI MAHUNTSI

DIE se­nu­ag­ti­ge brui­de­gom het re­de tot kom­mer: Sy bruid is laat. Dis al ná vyf­uur – as al­les vol­gens plan ver­loop het, moes die paar­tjie al 15 mi­nu­te ge­le­de voor die kan­sel ge­staan het. Dan kyk die ak­teur David Rees die so­veel­ste keer na sy hor­lo­sie en er­ken hard­op: “Ek be­gin nou ef­fens be­kom­merd raak.”

Maar die bruid het nie die ha­se­pad ge­kies nie en is ook nie van­dag fashi­o­na­bly la­te nie. Sy en haar strooi­mei­sies is per on­ge­luk in hul ka­mer by die Ram­ki­ki­trou­ve­nue toe­ge­sluit, is die nuus wat ’n gas bring.

En­ke­le mi­nu­te la­ter swaai die swaar hout­deu­re van die gras­dak­ka­pel ein­de­lik oop en die ge­lag van die 88 gas­te be­daar. Toe die vi­o­lis Jo­hann die mu­siek van Chris­ti­na Per­ri se A T­hou­sand Ye­ars speel, kan die ver­lig­te brui­de­gom hom skaars ’n meer ge­pas­te lied voor­stel: I will die e­very day wai­ting for you.

Op 50 is dié dag sy groot­ste pres­ta­sie nóg, het David, 7de Laan se Chris Wel­man, vroe­ër ver­tel; daar­om wou hy s­pie­ke­ries lyk vir Her­cu­li­na Pentz (40), sy mei­sie van die laas­te jaar, wat op haar ver­jaar­dag van­dag sy bruid word.

Nou­dat die groot oom­blik k ein­de­lik aan­ge­breek het, raak die man an in sy ko­nings­blou baad­jie, af­ge­rond met ’n das van die­self­de kleur en ’n swart art kno­pies­hemp, haas­tig.

Die sleep van die bruid se mou­lo­se ko­nings­blou rok trek oor r die vloer ter­wyl sy in die paad­jie e af­stap, maar David kan nie wag ag nie. Tot groot ver­maak van die gas­te as­te stap hy haar te­ge­moet toe sy nog me­ters ver van die kan­sel af is en stap dan saam met haar te­rug tot voor die pre­di­ker A­lis­tair We­st­cott.

Bui­te is dit ’n ti­pie­se warm De­sem­ber­dag, maar die hoë bo­me om die ka­pel in Ho­ney­dew, Roo­de­poort, sorg vir heer­li­ke ska­du en koel­te. Die blik deur die hout­raam­ven­sters skep die ge­voel dat van­dag se in­tie­me se­re­mo­nie in die hart­jie van ’n lo­wer­groen woud plaas­vind.

“Dis die per­fek­te dag vir trou,” sê A­lis­tair aan die bruids­paar. “So ’n wolk­lo­se dag kon nie be­stel word nie. Dis wat elk­een vir jul­le wens: ’n wolk­lo­se hu­we­lik, een wat her­in­ner aan ’n dag soos van­dag.”

Toe die nu­we eg­paar aan die einde van die se­re­mo­nie rin­ge ruil, sê elk­een op sy beurt vir me­kaar: “Ter­wyl ek hier­die ring aan jou vin­ger sit, be­lo­we ek aan jou lief­de en trou – nou en vir e­wig.”

HUL paaie het toe­val­lig in Au­gus­tus 2017 ge­kruis, ver­tel die paar­tjie ’n dag voor hul troue in ’n ge­sel­li­ge re­stau­rant by die trou­ve­nue.

David het des­tyds by ’n vriend ge­bly en sy huis­sleu­tels ver­lê en moes laat­aand dié vriend se ro­man­tie­se af­spraak on­der­breek om die sleu­tels af te haal.

Daar in die re­stau­rant het hy vir Li­na, soos hy Her­cu­li­na noem, ge­sien waar sy by ’n ander ta­fel saam met vrien­de kui­er. David ont­hou hy het da­de­lik ge­weet: Met háár gaan hy trou.

“Ek kan sy ner­ves ont­hou toe hy ’n dran­kie gaan haal om die moed te kry om met my te kom ge­sels,” ver­tel die aan­trek­li­ke re­ken­mees­ter.

David lag. “Ek kon som­mer uit die staan­spoor sien ge­wo­ne pick-up li­nes gaan nie vir dié gi­rl werk nie. Sy was an­ders; ek kon dit van die be­gin af sien.”

Daar­die aand, vroeg in Au­gus­tus, het hul­le twee uur lank tot net ná tien­uur ge­kui­er. Toe Li­na groet, wou sy nie som­mer haar nom­mer aan die vreem­de­ling gee nie. Maar David het be­loof: “Vir jou sal ek op­spoor.”

Wat hy in­der­daad reg­ge­kry het, met her­haal­de pro­beer­slae en die hulp van ge­meen­skap­li­ke vrien­de. Voor die einde van die maand het David die vraag ge­vra: “Kan ek maar jou kê­rel wees?” En Li­na se ant­woord was: “Jy mag maar.”

Sy het nie ge­weet hy is ’n be­ken­de e plaas­li­ke ak­teur nie, ver­tel Li­na, ver­al al om­dat David in die eer­ste ruk van hul ul ver­hou­ding met ver­lof was. Eers toe e sy la­ter met ’n vrien­din praat oor al die vreem­de men­se wat David kort- kort fo­to’s vra, het sy ag­ter die kap p van die byl gekom.

“Maar ek het reeds ver­lief ge­raak k op die man ag­ter die ak­teur,” ak­teur, koer Li­na. “Die res het nie vir my saak ge­maak nie.”

David was voor­heen een te sien in on­der er meer die TV-reeks s E­go­li , die fliek Su­san­na van Bil­jon en to­neel­stuk­ke soos My Boe­tie Se Sus­sie Se Ou en Die Waar­sê­er. Hy y het ’n dog­ter uit ’n n vo­ri­ge ver­hou­ding. .

Ty­dens ’n va­kan­sie sie in Wind­hoek in Na­mi­bië mi­bië in De­sem­ber 2017 het tDa­vid­be­sluit David be­sluit hy móét haar vra om te trou, ver­tel hy. “Al­mal wat haar ont­moet het, was gek oor haar. My vrien­de het dit ook be­ves­tig: Sy is ’n keeper.

“Ek het nog nooit so ge­voel nie – en nou, op 50, is dit die re­de waar­om ek die eer­ste keer trou.”

Op sy 50ste ver­jaar­dag­par­ty­tjie, op 2 Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar, het hy haar by die Bos­heu­vel Coun­try E­sta­te in Mul­ders­drift voor meer as 100 gas­te, on­der an­de­re be­ken­des soos A­mor Vit­to­ne en 7de Laan-ak­teurs soos Hen­nie Ja­cobs en An­dré Lot­ter, die ja­woord ge­vra.

Sy se­nu­wees het ge­knaag, want sy was te ge­span­ne om ja te sê. “Toe knik ek net,” ont­hou Li­na.

“En die gas­te gee ’n da­we­ren­de ap­plous,” ver­tel David.

Die ak­teur straal toe hy oor sy le­we saam met Li­na praat. Die eg­paar gaan ná di die troue in Zon­ne­hoe­ve na naby Mul­ders­drift nes­skop skop. “Vir die eer­ste keer in my le­we is e ek ’n heel mens – en dis fan­tas­ties, want ek kan ’n heel man vir Li­na wee wees.” Li­na koer te­rug: “Ag, hy is ’n reg­te gent­le­man, die soort wat jy nie som­mer meer van­dag sien nie.”

HY KON nie wag om sy ti­tel as ge­swo­re al­leen­lo­per ein­de­lik prys te gee nie, sê David oor Li­na na­dat die nu­we eg­paar trou­fo­to’s by die la­ning wil­ger­bo­me op die land­goed ge­neem het. Die gas­te is in­tus­sen op die oe­wer van die meer met von­kel­wyn ge­trak­teer.

Vir haar wat Li­na is, gee hy op e­ni­ge dag die wê­reld prys – mits dit be­te­ken hy kan aan haar sy bly.

Sy het die kat eers goed uit die boom ge­kyk, terg Li­na. “Ek wou weet hoe­kom hy so lank ’n al­leen­lo­per was . . . waar­om hy nooit aan trou ge­dink het nie. Maar ek weet nou ek sou hom an­der­sins nooit o ont­moet het nie. Dan sou ons nooit h hier ge­wees het nie en nooit so ge­lu luk­kig ge­voel het nie.”

Toe die eg­paar la­ter die ont­haal­sa saal bin­ne­stap, is daar lui­de ap­plous. E Een­voud was vir hul­le be­lang­rik, het h hul­le vroe­ër ver­tel, en dis te sien aan d die e­le­gan­te de­kor, drielaag­trou­koek va van sjo­ko­la­de, rooi flu­weel en wor­te tel-en-pe­kan­neut en spys­kaart met tr tra­di­si­o­ne­le ge­reg­te soos ge­braai­de aa aar­tap­pel, groen­te en bees­vleis.

Ook Li­na se ring, ’n 1,5-ka­raat-wit­di di­a­mant­ring, is nes sy dit wou hê. “Ek het hom nie eens ver­tel van die prent­jie in my kop nie, maar toe kry ek die ring waar­van ek ge­droom het,” ver­tel sy.

“Ek wil vir God dan­kie sê vir hier­die dag en vir hier­die won­der­li­ke vrou,” sê David la­ter in ’n toe­spraak en sluk swaar aan die tra­ne. “Sy is per­fek, en ek weet nie wat ek ge­doen het om dit te ver­dien nie.”

Toe die eg­paar die dans­vloer o­pen, speel ’n Bar­ry W­hi­te- lied­jie oor die luid­spre­kers: I ne­ver ta­ke a­ny­thing for gran­ted. On­ly a fool may­be ta­kes t­hings for gran­ted . . .

Net ná die dans, nog voor die ap­plous van die gas­te be­daar het, sê David aan sy bruid: “Hier­die lied­jie weer­spie­ël my hoop vir ons hu­we­lik: dat ek jou nooit as van­self­spre­kend aan­vaar nie, maar el­ke og­gend en el­ke aand en el­ke oom­blik ont­hou hoe kos­baar jy vir my is.”

Die pas­ge­trou­des het die Kers­va­kan­sie saam met fa­mi­lie op Hart­bees­poort deur­ge­bring, en David be­plan ’n wit­te­brood vir la­ter. Al wat hy hier­oor ver­klap, is: “Dis iets om na uit te sien.”

DIE BRUIDS­PAAR BEDANK: RUBY ANGEL (BRUID EN BLOMMEMEISIES SE ROKKE) 078-021-1880; YOUR PAL MEN’S BOUTIQUE (BRUI­DE­GOM EN STROOIJONKERS SE PAKKE) 012-346-3355; VITALIS HOLDINGS (KONTANTBORG) 072-679- 3660; BESTDRIVE CENTURION (KONTANTBORG) 087-654-0790; LEE TEC CC MECHANICAL SERVICE CENTRE (BORG VAN RIN­GE EN KONTANTBORG) 085-223-3415; CAFE PATISSE (TROUKOEK EN NAGEREG) 011-026-0411; RAMKIKI COUN­TRY RE­STAU­RANT AND WEDDING E­STA­TE (TROU­VE­NUE) 011-958-0503; ELECTRONIC CONTENT HUB (VIDEOGRAAF) WWW.MOGUL.AFRICA; DJ KALLIE (MU­SIEK) 072-873-8552; JO­HANN (VI­O­LIS) 063-215-8558; JD FLOWERS (BLOMME EN TAFELVERSIERINGS) 0768743445.

LINKS: Ge­droog­de roos­bla­re re­ën oor die nu­we eg­paar. LINKS BO: Die sny van die troukoek. REGS BO: Van links is Johan Both­ma (strooi­jon­ker), Hei­di Bar­nard (strooi­mei­sie), Li­na en David, Wa­nya Eloff-Rees (David se dog­ter), Rug­by Angel (strooi­mei­sie) en Mar­chant S­teen­kamp (strooi­jon­ker).

BO: Die eg­paar na­dat hul­le die pap pa­pier­werk af­ge­han­del het. LIN LINKS: Li­na se ring het ’n 1,5 1,5-ka­raat- wit di­a­mant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.