Huisgenoot

SIEDAAR, KYK MY HAREBOS! Lank het Casper geswyg oor sy wroeging met haarverlie­s; nou spog hy met ’n splinternu­we kapsel

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: SHARON SERETLO

‘Ek het altyd geweet ek voel onvoltooid sonder my hare’

NET so eie aan ann hom soos sy sysy guitige glim- m-mlag en spits- tsvondige ge sêgo ed is Casper de Vries se kep- p-p sies. Die gewilde komediant het heet selfs “f***** hoedjie” as sy Insta- taagramnaa­m gekies.

Maar nou kan hy daardie ein- ein nste hoedjies wat die afgelope op pe dekades deel van hom geword or rd het diep in sy kas wegpak.

“Ek kan nou daarsonder uit d die kas klim,” spot Casper (55). Want Wa ant die eens bleskop komediant kan k eindelik met ’n welige bos ha hare are spog – en dit voor die TV-kameras. meras.

“Vandag is vir my baie spesiaal,” aal,” kondig hy aan in Diaan Daniels, aanbieder bieder van My Droom-trourok op VIA, se nuwe ateljee in Fourways.

Dis hier waar die SABC2-joernaal- -joernaalpr­ogram Pasella ’n insetsel kom m skiet oor Casper se transforma­sie danksy ksy ’n niechirurg­iese haarvervan­gingstelse­l, lsel, Quiff.

Hy het al tevore ’n oefenlopie pie gehad met die nuwe kapsel wat uit regte gte “Hollywoodm­enshare uit Hollywood wood gemaak is”, skerts hy. Dié hare, wat aan stroke materiaal geheg is, word d met spesiale gom aan sy kopvel vasgeplak. plak.

Wanneer hy oor sy nuwe hare are grappe maak, is dit lag met ’n traan, want jare lank het hy in stilte oor sy haarverlie­s rverlies gewroeg. “Die eerste teken dat ’n mens hare verloor, is as jy agter ’n bleskollet­jie etjie begin kry. Ek het dit op kamera in Devries gesien,” vertel Casper, nou doodernsti­g, rnstig, oor sy SABC-program van sowat at 30 jaar gelede.

“En toe begin ek onmiddelli­k llik keppe dra. Ek was in my middel 20’s,” onthou h h hy met ’n hartseer klankie in sy stem. “Dit het my horrible laat voel. Ek het altyd geweet ek voel onvoltooid sonder my hare. Ek dink ’n man voel impotent wanneer hy sy hare verloor. Dis asof jy iets van jouself verloor. ’ n Mens voel half of jy ’n wond het . . .”

Hy gee ’n melancholi­ese laggie. “Wel, dis hoe ek gevoel het. Dit laat ’n mens fatalistie­s voel.”

Weg van die kameras, die verhoog en die ateljee waar Casper deesdae sy lyf omroeper hou vir Gareth Cliff van Idolsfaam se aanlyn radiodiens CliffCentr­al, is hy nadenkend en meer teruggetro­kke.

Maar die grapjas in hom kry weer die oorhand toe hy van sy “welige loopbaan” praat. Wanneer hy nou daarop terugkyk, is daar weinig wat hy sal wil verander behalwe één ding: sy pankop met die ring yl, grys haartjies rondom.

Waarom het hy so lank bloot sy haarverlie­s weggesteek pleks daarvan om ’n plan daarmee te maak?

Hy weifel ’n rukkie voor hy verklap: “As akteur en veral komediant wat karakters vertolk waarvoor jy baie pruike nodig het, voel jy half selfbewus om vir jouself as ’n regte mens hare te kry. Ek dink dis een van die groot redes hoekom ek nou eers in my kop kon besluit: I need it.” Dan erken hy: “Die karaktertj­ies en

jokes en pruike is goed en wel, maar dit genees nie die leemte nie. Eendag gaan ek die persoon opspoor wie se hare ek op my kop het. Om dankie te sê.

“Ek voel vandag soos ’n kind wat ’n geskenk gaan oopmaak en ek weet wat in die boks is. Nou kan ek daarna uitsien om oorsee teater of opera te gaan kyk sonder dat mense my skel om my keps af te haal.”

HY KAN nie ophou glimlag nie. Veral toe die hip-hop-sanger, skrywer en Pasella-aanbieder HemelBesem (Simon Witbooi) opdaag om ’n onderhoud met hom te voer. ““’n ’n Nuwe Nu haredos vir jou . . . Jy moet seker hare op o jou tande hê vir vandag se oormaakses­sie,” maa spot Simon. Casper lag. Hulle H gesels oor die honde in sy lewe. le “Halfrida het heengegaan. En Kentie K val heeltyd motors aan.” Dis nou n sy lieflingop­telhond, Kent, wat altyd a op sy hakke is, selfs hier in die ateljee. a

“En wat sal Kent se reaksie op die voorkomsve­randering vo wees?” vra Simon. Sim “Hy val alles aan. Dalk sal ek nie m meer my lewe seker wees nie,” sê Casper en klink sowaar ernstig.

In die d ateljee word ons omring deur asembeneme­nde asemb rokke en pakke, swart kroonkande­lare kroon wat uit die dak hang en mense mens wat soos Casper weet hoe dit voel om hu hul hare te verloor.

Simon Sim is kaalkop met ’n welige bokbaardji­e. baard Diaan het self met haarverlie­s gesukkel gesuk en ook op hierdie niechurgie­se manier manie nuwe lewe in sy kapsel laat blaas. Dieselfde haarspesia­liste het ook ok al aan die sanger Rudi Claase se hare e gewerk.

“Ek het al op 23 my hare begin n verloor,” vertel Jurie Hayes, stig- gter en mede-eienaar van Quiff ff SA. “Nou het ons hierdie regte e hare wat elke drie weke opnuut ut met spesiale gom aan jou kopvel el geheg word.”

Tussendeur kan ’ n mens dit soos jou eie hare was en stileer en na hartelus oefen en stort.

Casper gaan sit in die salon by die wasbak. Hy haal sy pet af en skud sy kop asof hy ’n lang bos os hare losskud. Jurie wend die gom om al in die rondte aan sy bles aan. Dan haal hy stroke materiaal met hare daaraan versigtig uit ’n boks. Eers lyk dit soos ’n kraaines op Casper se kop. Maar binne minute stileer Jurie dit met ’n borsel en haardroër tot ’n indrukwekk­ende grys kapsel wat selfs op ’n loopplankm­odel se kop sal tuishoort.

“Ek lyk soveel jonger, al is dit grys,” merk Casper op. “Sjoe!” laat hy tevrede hoor. Kent is nêrens te vind nie. Hy kruip seker weg vir sy baas wat nie meer soos sy baas lyk nie.

Diaan brand al lank om Casper vir ’n mooimaakse­ssie onder hande te neem. Vandag neem hy sy kans waar. Hy het vir hom ’n nuwe pak gemaak waarvan die blink baadjie fleurige, helderkleu­rige blomme ophet om sy transforma­sie te voltooi. “As een deel van jou voorkoms perfek is, wil jy hê die res moet ook saamspeel,” verduideli­k Diaan. Hy is mal oor sy baadjie, sê Casper. “Hy het my spirit behou, dat ek jonk van gees is.”

Met sy ronde lyfie en kaftans laat hy mense glimlag. Tog voel hy dis nou tyd om ook aan sy lyf te werk en “’n hewige gewigsverl­ies” te ondergaan. “Sodat dit by my gesig en my haredos kan pas,” verduideli­k hy. “Gaan ons vir jou ander skoene k aantrek?” t k?” vra Di Diaan besorgd. b d Casper het sy blou “China-skoentjies” aan wat lyk of dit vol visskubbe is. “Ek het dit vir R5 oor die internet gekoop. Ek hou hulle aan,” sê hy beslis.

Voor die kameras begin rol, gesels ons oor sy langverlor­e halfbroer, Albie van der Linden (57). Casper het verlede September eksklusief aan Huisgenoot vertel van die ouer broer van wie se bestaan hy tot twee jaar tevore glad nie geweet het nie. Hul oorlede onderwyser­pa, Casper sr., het ’n kortstondi­ge verhouding met ’n matriekmei­sie gehad waaruit ’n liefdesbab­a, Albie, gebore is. Sy oupa en ouma aan moederskan­t het hom grootgemaa­k. Hy was onder die indruk hulle is sy ouers en sy biologiese ma sy ousus. Eers op sy 21ste verjaardag het hulle vir hom vertel wie sy biologiese pa is.

Hy het sy komediantk­leinboet eers dekades later ontmoet nadat Albie se seun, Jacin, Casper in ’n Facebookbo­odskap laat weet het hulle is familie. “Dit gaan seker goed,” sê Casper nou oor sy verhouding met sy broer. “Ek het egter meer gereeld kontak met my nefie Jacin. Hy’s in die Kaap, maar ons whatsapp mekaar gereeld.” gere

Dit Di word tyd dat Casper sy nuwe voorkoms kom vir die wêreld wys. Hy gaan agter swart swar gordyntjie­s in die aantrekhok­kie wegkruip weg tot die kameras gereed is vir die groot g onthulling.

Dan D met ’n triomfante­like “ta-da!” tree hy t te voorskyn soos jy Casper de Vries nog nooit gesien het nie – sonder ’n hoedjie, hoe maar met ’n welige grys kapsel wat menige hartebreke­r van Hollywood hom sal beny.

 ??  ?? HOOFFOTO: Af met die f***** hoedjie (INLAS), en op met die nuwe haredos. Casper de Vries het ’n nuwe voorkoms met nuwe hare danksy ’n niechirurg­iese haarvervan­gingstelse­l, Quiff.
HOOFFOTO: Af met die f***** hoedjie (INLAS), en op met die nuwe haredos. Casper de Vries het ’n nuwe voorkoms met nuwe hare danksy ’n niechirurg­iese haarvervan­gingstelse­l, Quiff.
 ??  ?? BO, vavan links: Jurie Hayes, stigter en mede-eienaar van Quiff SA, wend ’n spesiale gom aan Casper se blesbles; die haarstuk van regte menshare word vasgeplak; die woeste boskaas word dan in ’n styl geblaas geblaa en gekam. Dit hou drie weke – jy kan dit was, daarmee oefen en swem. REGS: “Cassie” het die eereerste keer in dekades weer ’n weglêkuif.
BO, vavan links: Jurie Hayes, stigter en mede-eienaar van Quiff SA, wend ’n spesiale gom aan Casper se blesbles; die haarstuk van regte menshare word vasgeplak; die woeste boskaas word dan in ’n styl geblaas geblaa en gekam. Dit hou drie weke – jy kan dit was, daarmee oefen en swem. REGS: “Cassie” het die eereerste keer in dekades weer ’n weglêkuif.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Pasella Pas op SABC2 het die transforma­sie verfififif­ififilm film in Diaan (heel links) se ateljee, waar Jurie ( (tweede tw van regs) se salon ook is. Die rapper en skrywer HemelBesem (heel regs) was die aan aanbieder.
Pasella Pas op SABC2 het die transforma­sie verfififif­ififilm film in Diaan (heel links) se ateljee, waar Jurie ( (tweede tw van regs) se salon ook is. Die rapper en skrywer HemelBesem (heel regs) was die aan aanbieder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa