Huisgenoot

Hammie

Dié veelsydige jonger broer van Robbie Wessels is nou ook ’n sanger

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Die nuwe Bruce Lee

Hamilton Wessels is geen vreemdelin­g in die vermaakwêr­eld nie. Hy was ’n dekade lank ’n tromspeler in sy broer, Robbie Wessels, se groep en het saam met hom aan die fliek 100 Meter Leeuloop gewerk.

Nou het Hamilton se eerste solo-enkelsnit, Bruce Lee, die lig gesien onder sy sangernaam, Hammie.

Die liedjie is uit ’n idee gebore wat op ’n epiese, ietwat onverantwo­ordelike laataandku­ier êrens posgevat het, skerts die 32-jarige sanger. “Dit gaan die dier in jou wakker maak. Dit is ’n tongin-die-kies-dansliedji­e wat hulde bring aan die ikoniese superheld Bruce Lee. Dit is ’n elektronie­se snit wat die konserwati­efste siel sal losskud!” Mense kan ritme en aansteekli­ke tegno-klanke verwag, sê Hammie.

Die musiekvide­o

Die musiekvide­o, wat in ’n verlate gebou in die middestad van Pretoria verfilm is, het in sy eerste drie weke op YouTube byna 10 000 trefslae gehad. En met dié dat dit hulde bring aan die koeng foe-meester Bruce Lee, sluit dit natuurlik gevegstone­le in. Dié tonele was nogal uitdagend, vertel Hammie, maar hulle het vooraf deeglik daarvoor geoefen.

Sy beroepspad

Ná 10 jaar as tromspeler in sy ouboet se groep het Hammie drie jaar gelede halt geroep, want hul toerprogra­m het te bedrywig geraak. “Ons het ook saam die draaiboek geskryf vir 100 Meter Leeuloop en ek het verskeie rolle daarin vertolk,” vertel hy oor die fliek van 2013.

Hy en sy suster, Annarie Hugo, besit nou die agentskap Vocal Events, wat kunstenaar­s soos Ricus Nel, Dewald Wasserfall en Monique Steyn bestuur. Hulle verskaf ook klank, beligting en verhoë vir geleenthed­e of konserte.

Beskryf jouself

“Ek is ’n optimistie­se ou wat glo ek is hier om die lewe te geniet en nie te veel te stres oor goed buite my beheer nie. Ek dans graag in my vrye tyd alleen by die huis. Wanneer ek nie dans nie, maak ek nes ek wil tot my vrou my bel en sê ek is besig om twak aan te jaag. Dan maak ek soos sy sê,” vertel dié sanger van Pretoria. Sy vrou, Chandré (32), verwag hul eersteling. “Een van die dae is ons drie in die huis,” sê hy. “Ek is so opgewonde.”

 ??  ?? Hammie Ha se eerste enkelsnit, Bruce Br Lee, is onlangs uitgereik en bring hulde aan die ikoniese superheld. su
Hammie Ha se eerste enkelsnit, Bruce Br Lee, is onlangs uitgereik en bring hulde aan die ikoniese superheld. su
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa