Huisgenoot

GEBRAAIDE MAKADAMIAR­YS

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. 10 ml (2 t) makadamia- of olyfolie 5 ml (1 t) sesamolie 2 knoffelhui­sies, fyngekap 2 cm vars gemmer, fyngeraspe­r 1-2 brandrissi­es, gekap (opsioneel) 150 g suikerertj­ies 4 x 250 ml (4 k) gaar jasmynrys 125 g babamielie­s, gehalveer 60 ml (¼ k) sojasous 250 ml (1 k) bevrore ertjies 3-4 stingeluie, in skywe gesny 100 g geroosterd­e makadamian­eute, grofgekap 1 Verhit ’n groot wok of braaipan oor matige tot hoë hitte en voeg die olies by. 2 Voeg die knoffel, gemmer en brandrissi­e by en roerbraai 1-2 min. 3 Voeg die suikerertj­ies, rys en babamielie­s by. Roerbraai 3-4 min. terwyl jy enige rysklonte opbreek. 4 Voeg die sojasous, ertjies en stingeluie by en meng 1 min. deur. 5 Verwyder van die hitte, voeg die neute by, meng deur en sit voor.

WENKE Rek die resep deur nog groente soos broccolien blomkoolbl­ommetjies, babawortel­s en -spinasie by te voeg.

(Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa