Huisgenoot

NÁ DIE ROOS

-

In die 22 seisoene van The Bachelor in Amerika was daar talle verhouding­s en verlowings, maar min paartjies het bymekaar gebly. Die verhouding­s wat wel die toets van die tyd deurstaan het, sluit in:

Jason Mesnick van seisoen 13 3 het vir Melissa Rycroft gevra om te trou, maar dit het nie gehou nie. Hy het toe die naaswenner, Molly Malaney, ’n tweede kans gevra; hulle is nou getroud en het ’n vyfjarige dogter, Riley.

Seisoen 17 se Sean Lowe en Catherine Giudici is The Bachelor se suksesvols­te paartjie. Sean het in die slotepisod­e vir Catherine die jawoord gevra, en hulle is in 2014 getroud. Hulle woon in Dallas saam met hul seuns, Samuel (1) en Isaiah (9 maande).

Arie Luyendyk jr. het in die 22ste seisoen vir Becca Kufrin gevra om te trou. Toe los hy haar vir die naaswenner, Lau

ren Burnham. Arie en Lauren het verlede jaar aangekondi­g hulle verwag ’n babadogter en is vanjaar getroud.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa