’N TEVREDE PA
As die jongste vergadering ’n aanduiding is, lyk dit asof die ooreenkoms die verlangde uitwerking gehad het. Toe Brad ná ’n vergadering van drie uur met Angie uit die regskantoor uitstap, het hy selfs vir die wagtende paparazzi ’n gemoedelike duim in die lug gehou.
Dit gaan beter met die akteur sedert hy meer tyd saam met sy kinders kan deurbring. Op 18 Desember het hy hulle almal vir homself gehad om sy 55ste verjaardag te vier. “Dit was die eerste keer sedert die skeiding dat hulle ’n nag by hom oorgeslaap het, en dit het vir hom die wêreld beteken,” sê ’n bron.