Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

RAM

21 MRT – 19 APR As jy ’n tipiese Ram is, is jy waarskynli­k aan die gang en reg vir aksie. Maar dis ook ’n week waarin jy nie te veel hoef te doen nie. Dis tyd om liggaam, verstand en siel te herlaai, of jy nou tyd in die natuur deurbring, alleen gaan wandel of mediteer. Maak tyd om die prag van die lewe te waardeer. Rome is nie in ’n dag gebou nie. Moenie toelaat dat ’n vrees dat jy iets gaan misloop daartoe lei dat jy te veel sosiale aktiwiteit­e bywoon nie. GELUKKIGE NOMMERS 23, 19, 46, 50, 3, 32

BUL

20 APR – 20 MEI Selfs al beteken dit jy word uit jou gemaksone geruk, is dit ’n week om uit te reik en met nuwe mense kennis te maak. Doen moeite om ander te ontmoet, of jy nou jou vriendekri­ng vergroot, by ’n groep aansluit of lid van ’n vereniging of klub word. Jy beweeg uit ’n groef en gee jou sosiale lewe ’n hupstoot, maar hou in gedagte dat wie jy ken soms waardevoll­er is as wat jy weet. GELUKKIGE NOMMERS 45, 43, 1, 48, 51, 31

TWEELING

21 MEI – 20 JUN As jy ’n tipiese Tweeling is, het jy ’n bedrywige lewe. Jy probeer dalk ’n magdom take en afsprake inpas om beroepsred­es en op ’n sosiale en persoonlik­e vlak. Maar dié week kan dit teenproduk­tief wees om te veel hooi op jou vurk te hê. Afgesien daarvan dat dit jou kan verwar en jou senuwees op hol kan jaag as jy dit oordoen, is dit tyd om eerder op gehalte as op hoeveelhei­d te fokus. GELUKKIGE NOMMERS 22, 45, 6, 35, 4, 36

KREEF

21 JUN – 21 JUL Die son het in ’n medewatert­eken inbeweeg. Dit kan jou op jou gemak laat voel om jouself uit te druk, al is jy skaam. ’n Kreatiewe uitlaatkle­p is ’n goeie manier om jou gevoelens oor te dra of jou emosies te deel. Jy wil dalk jou kreatiewe kant verken en jouself deur musiek, digkuns of kuns uitdruk. Die kunstenaar in jou het ’n kragtige boodskap om oor te dra. GELUKKIGE NOMMERS 19, 18, 49, 2, 32, 50

LEEU

22 JUL – 22 AUG Om ’n dramavraat te wees is deel daarvan om ’n tipiese Leeu te wees. Dié kenmerk kan versterk word. Terwyl dit ’n goeie idee is om op die verhoog op te tree of jou melodramat­iese neigings in kreatiewe belangstel­lings uit te stort, is dit nie goed om jou speelgoed rond te gooi nie. Dis ’n week waarin jou knoppies gedruk en jou gesag uitgedaag kan word. Tree met waardighei­d op. GELUKKIGE NOMMERS 33, 7, 43, 52, 17, 21

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die son het in jou liefdeshor­oskoop inbeweeg en laat die kollig op sake van die hart val. Jou hoogste prioriteit vandeeswee­k is jou verhouding met jou maat. Skuif take op die agtergrond en stel planne uit sodat jy gehaltetyd saam met hom of haar kan deurbring. Dis ’n week om hul geselskap te geniet, toegeneent­heid te toon en jou seëninge te tel. GELUKKIGE NOMMERS 3, 52, 16, 37, 12, 28

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Die klem verskuif vandeeswee­k na die werkplek. Moenie uitstel nie. Rol die moue op en kry die werk gedoen. Dit is ’n week om op jou take te fokus, of jy nou projekte moet aanpak, talle e-posse moet hanteer of kliënte tevrede moet stel. Dit sal allesbehal­we vervelig wees, want onverwagte kinkels en wendings sal heel waarskynli­k opwinding in jou lewe meebring. GELUKKIGE NOMMERS 9, 39, 6, 47, 26, 14

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV As jy ’n tipiese Skerpioen is, is jy ’n intense en emosionele mens en iemand met diep gevoelens. Dié kenmerke kan jou verhouding­s ten goede of kwade raak. Dis ’n geskikte week om sterk verbinteni­sse te vorm. Jou lojaliteit sal heelwat doen om bande te versterk. Maar jou minder begeerlike kenmerke, jaloesie, wantroue en manipulasi­e, kan skade aanrig. GELUKKIGE NOMMERS 10, 40, 30, 22, 7, 51

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES As ’n Boogskutte­r, die swerwer van die diereriem, is reis dalk jou eerste liefde, maar dié week is jou huis jou hawe. Jy wil dalk gehaltetyd saam met jou geliefdes deurbring, jou vriende tuis onthaal of ure in jou leunstoel verwyl terwyl jy op jou eie filosofeer. Ontspannin­g en plesier kan immers tans jou kontantvlo­ei ruïneer; dus is tuisbly waarskynli­k ’n wyse en voordelige keuse. GELUKKIGE NOMMERS 1, 27, 37, 8, 46, 29

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Intense gevoelens kan ’n oorweldige­nde kenmerk van jou week wees, selfs al is jy ’n kalm mens wat altyd in beheer is. Sterk emosies kan jou gevoel van welstand ondermyn, of dit nou jou maat se besitlikhe­id is, jy wrokkighei­d koester of jou waardighei­d bevraagtek­en word. Aan die positiewe kant is jy in ’n goeie posisie om magtige mense aan te trek. GELUKKIGE NOMMERS 5, 11, 41, 30, 21, 36

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die son het in jou finansiële horoskoop inbeweeg en laat die kollig op geldsake val. Dis ’n week om vir lonende finansiële aanbieding­s op die uitkyk te wees, of jy nou wil winskope jag of vir aanbieding­e op die internet snuffel. ’n Goeie manier om jou sakke te vul is om nie geld te bestee nie. Laat dit groei deur ’n spaarreken­ing oop te maak, of raadpleeg ’n finansiële adviseur. GELUKKIGE NOMMER 13, 26, 42, 24, 8, 48

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa