Huisgenoot

- redakteur@huisgenoot.com Huisgenoot onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ons verbind tot joernalist­iek wat waar, akkuraat, regverdig en gebalansee­rd is. As jy meen ons kom nie die kode na nie, kontak die Persombuds­man by 011-484-3618 of pressombud

TOE ek op sakdag by die huis agter my rekenaar inskuif, tref dit my: Dit is presies twee maande dat ek en die span van Huisgenoot van die huis af werk. Ons het al ’n week of wat voor die aanbreek van die inperking tuis begin werk nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n ramptoesta­nd afgekondig het, en die dae en weke het verbygevli­eg.

Hoe het die tyd so vinnig verbygegaa­n as die dae so lank was? wonder ek. Dit was asof die een dag sonder afwisselin­g in die ander een ingevloei het – elke dag eintlik nes die vorige een of die een daarna. Dis dít wat ek mis, dink ek toe: afwisselin­g. Toevallige gesprekke in die verbygaan; ongewone dinge wat tekstuur aan die daaglikse roetine gee. My wêreld het skielik klein geword.

Ou klakous, dink ek toe ek vandeeswee­k se spitsvondi­ge storie oor pandemiepe­rsoonlikhe­de lees (bl. 20). Nou’s jy nes daai een . . .

Maar toe herken ek myself ook in die onverwagte fiksheidsf­anatikus . . . én die een wat pal bak en goedjies regpak. Als dinge om tyd te skep in dae wat byna tydloos verbyrol en om kop te hou as die lewe beperk word tot een lappie aarde.

Maar al voel die wêreld nou klein, is dit tóg steeds ’n groot en eindeloos interessan­te plek, dink ek toe ek ons storie oor die avonturier Victor Vescovo lees (bl. 96). Hy het die hoogste pieke op al sewe vastelande bereik en ook die diepste plekke in vyf oseane.

Dit is eintlik alles nog daar, dink ek toe ek na die nou reeds baie bekende toneel buite my venster kyk. Al die uithoeke waar hy was, en ook al die ander plekke tussen die diepste dale en hoogste pieke.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa