Huisgenoot

RESHMIHOEN­DERKEBAB

-

Reshmi beteken “sy”, en dié knoffelhoe­nderkebab – ’n gevierde Mughlai-gereg – doen sy naam gestand: Die marinade bedek die hoenderstu­kke en gee dit ’n sagte en syagtige tekstuur. Die matige, subtiele geure is heerlik onvergeetl­ik.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 1 UUR GAARMAAK: 10-20 MIN.

1 kg ontbeende hoenderbor­sies

500 g dubbelroom­jogurt 5 ml (1 t) garam masala 5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander 5 ml (1 t) fyn borrie

30 ml (2 e) vars suurlemoen­sap

15 ml (1 e) fyngedrukt­e knoffel

5 ml (1 t) sout

VIR VOORSIT vars lemmetjiew­iggies of -skywe vars koljander eetblare blomme (opsioneel) 3

Sny die hoenderbor­sies in happiegroo­tte-stukke en plaas in ’n middelslag­bak.

Voeg die res van die bestanddel­e by en laat marineer 1 uur.

Ryg die gemarineer­de hoenderstu­kke aan vleispenne en braai sowat 10 min. in ’n roosterof braaipan geverf met olie of oor die kole terwyl jy dit omdraai sodat dit egalig gaar word.

Sit voor saam met die vars lemmetjiew­iggies of -skywe, koljander en, as jy wil, eetblare blomme.

 ??  ?? 1 2 4 VIR VOORSIT
1 2 4 VIR VOORSIT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa