Huisgenoot

Deur DORLING KINDERSLEY (in Suid-Afrika uitgegee deur Lapa Uitgewers,

-

R145*) Jy gaan die beste oorslaappa­rtytjies hou met dié boek, want hier is so baie oulike dinge om te doen; nie een van jou maats sal ’n minuut verveeld wees nie.

Kies ’n tema vir jou partytjie, iets soos ’n spa: Hier is ’n resep vir ’n voetspa, wenke oor hoe om patroontji­es op jou naels te verf, hoe om ’n oogmasker te maak en strelende gesigbehan­delings met vrugte.

Ander temas met al hul wenke en resepte is kampeer, mode, popster en fliekaand.

Julle sal ook lekker leer tekkies versier, jellie-armbande en blomme-haarbande maak, hare vleg en foto’s raam.

En natuurlik sal julle honger raak van al die werk, so maak jul eie pizzadeeg en bak dit in hartvorms met lekker tamatie en kaas. Of wat van springmiel­ies met kaas of sjokolade?

B

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa