Huisgenoot

So voorspel “sieners” oor pandemiety­d

Vyf Suid-Afrikaners wat glo hulle is heldersien­de sê hoe hulle die pad vorentoe in ons nuwe wêreld sien

- Deur JACO HOUGH-COETZEE

BAIE Suid-Afrikaners voel vasgekluis­ter en van basiese vryhede beroof weens die skynbaar eindelose covid-19-inperking. Die ekonomie bloei soos ’n oopgerukte slagaar, familie of vriende verloor hul werk, en kennisse of naastes

SARINA ENGELBRECH­T

Medium van Nieu-Bethesda wat ook van astrologie en numerologi­e gebruik maak

“Op ’n astrologie­se vlak het ons op 8 Augustus die Lion’s Gate-portaal binnegegaa­n. Dit sal nuwe energie, oplossings en insig bring ná die afgelope paar maande se verwarring en radikale veranderin­gs waaraan ons gewoond moes raak. Hierdie energie lyk positief vir ons as Suid-Afrikaners wanneer ons nou meer as ooit nuwe sake-idees sal begin ontgin. Daarmee saam gaan mense ál meer geneig wees om hulle met die regte mense te omring. Dit sal ’n positiewe invloed, wat finansiële gesondheid insluit, op ons lewe hê. raak siek of sterf selfs weens die virus. Mense is bang en moedeloos. Wanneer sal dinge eendag beter word? In dié tyd gryp baie mense na enige sprankie hoop – soms in verrassend­e plekke. Daarom het Huisgenoot vyf Suid-Afrikaners wat glo hulle is heldersien­de gevra of hulle lig aan die einde van die pandemieto­nnel sien.

“Covid-19 gaan die val van die bekende patriargal­e stelsel en gevestigde denkpatron­e aktiveer. Hieruit sal voortvloei die skep van ’n nuwe manier van hoe dinge in die toekoms gedoen gaan word wat voordelig vir die hele mensdom sal wees. In die nabye toekoms sal daar wêreldwyd ’n ál groter oplewing van vroue in leiersroll­e wees. Vroue vertrou hul aanvoeling en sal die mensdom meer leer om dieselfde te doen, pleks van om inligting van ’n eksterne bron te kry om veilig te voel. Die antwoorde wat ons soek, is binne onsself opgesluit.

“Dit beteken nie ons is al naby daaraan om uit die gevaarsone van die pandemie te kom nie. Die inperking moet gebruik word om selfonders­oek te doen en om weer op ’n emosionele vlak in voeling met ons geliefdes te kom. Ál meer mense sal in die toekoms hul ou gevestigde waardestel­sel herevaluee­r om dít te vind wat werklik vir ons innerlike geluk bring.

“Vir baie mense was die inperking onverwags, dramaties en pynlik. Baie het hul werk en inkomste verloor, en ons almal moes afstand doen van baie vryhede. Teen die einde van die jaar gaan die mensdom dit eerder as ’n seën begin beskou aangesien dit vir almal die geleenthei­d gegee het om weer in voeling met onsself te kom en te herontdek wat ons doel in die lewe is.”

GERALD BURGER

Heldersien­de van Kempton Park en aanbieder van die kykNET-reeks Die siener (2019)

“Die res van 2020 sal as gevolg van die covidpande­mie nog baie deurmekaar wees voor dinge eers in Februarie volgende jaar sal verander. Daarna sal dit met Suid-Afrika beter gaan. My visie wys ook mense sal ál meer bekommerd oor hul finansiële welstand raak en moed en geloof verloor. Baie gaan dit oorweeg om ’n einde aan hul lewe te maak eerder as om so te sukkel.

“Mense gaan verder verhonger en verarm en gaan in opstand kom. “Ons moet in hierdie tyd almal as gelowiges bymekaarst­aan en bid, want ek glo die Here het ons op ’n vreemde manier kom wys ons moet meer gelowig raak.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa