Huisgenoot

DIÉ WEEK IN DIE GESKIEDENI­S

☛ 24 JUNIE 1995 DIE SPRINGBOKK­E WEN DIE WÊRELDBEKE­R

-

Een van die grootste oomblikke in die SuidAfrika­anse geskiedeni­s was toe ons nasionale rugbyspan, die Springbokk­e, die span van Nieu-Seeland, die All

Blacks, in die 1995Wêreld­bekertoern­ooi verslaan het.

Suid-Afrika was in daardie jaar gasheer vir die kompetisie nadat ons kort tevore eers weer toegelaat is om internasio­naal deel te neem.

Nadat ons in 1994 demokratie­s geword het, het pres. Nelson Mandela sport gesien as ’n manier om die mense van die land te verenig nadat ons so lank op grond van ons ras verdeel was.

In die 93ste minuut van die wedstryd het Joel Stransky ’n skepskop oor die pale gestuur wat die punte op 15-12 vir die Bokke laat staan het.

Francois Pienaar, die kaptein van die span, het daarna die trofee van Mandela ontvang. Die president het ook toe dieselfde Groen-en-goud gedra as Pienaar. Die foto van die wit Bokkaptein en die land se eerste swart president het ’n simbool geword van eenheid in die nasie wat so lank verdeel is.

Die joernalis John Carlin het ’n boek oor die gebeure geskryf genaamd Invictus, wat daarna deur Clint Eastwood verfilm is met Morgan Freeman as Madiba en Matt Damon as Pienaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa