Huisgenoot

BREDIEBASI­S

-

Ons gebruik dié bredie as ’n geurbasis; dus is dit nie te sterk gekrui nie en ideaal om as bousteen vir ons ander bredies in te span. Die resep verg wel ’n bietjie tyd, maar jy sal daarvoor vergoed wanneer jy weer besluit om ’n bredie aanmekaar te slaan. Verdeel die bredie in 8 sakkies (met of sonder die bene) en vries tot jy dit weer benodig.

LEWER 4 L (16 K) BREDIEBASI­S BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 4-5 UUR STAAN: 3-4 UUR OF OORNAG

Voorverhit die oond tot

180 °C. Bespuit ’n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerd­e uie, 2 gekneusde knoffelhui­sies, 3 preie (skoongemaa­k en in stukke gesny) en 2 gehalveerd­e

tamaties in die bak. Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout. Rooster 40 min. Skep die mengsel in ’n reusekastr­ol. Plaas 1 brandrissi­e,4 lourierbla­re, 6 heel peperkorre­ls, 2 L (8 k) hoenderaft­reksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed. Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut. Roer af en toe. Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut. As die bredie te vinnig afkook, giet nog

water of rooibostee by. Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel. Skep enige oortollige gestolde vet af. Verdeel die bredie in 8 seëlbare vrieskassa­kkies of -houers en vries tot 3 maande.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa